#1 Grenslose gesprekke: Kunsuitstallings open

Vir die 30ste bestaansjaar van die KKNK is die mikpunt om ’n visuelekunste-aanbod saam te stel wat die geskiedkundige aspekte van die dorp en fees huldig, terwyl dit ook na die toekoms reik.

A Victor Borge Tribute

Winand Grundling, bekend as ’n top-orrelis, is ook ’n virtuose pianis en iemand met ’n natuurlike instink vir improvisasie en komedie.

Apple

Onder ’n groen appelboom krap Adam (’n knorrige realis) en Steve (’n uitbundige, emosionele optimis) hul pad uit die grond uit en die wêreld van ontdekking binne.

Badtyd

’n Ou wil maar net sy uitstap mooi maak. Toe hy gebore is, in die bad geverf met muf, het hulle sy ma kom haal. Vandag, jare later, is hulle terug. Dis weer badtyd.

Beste van alle tye

’n Satiriese blik op Afrikaner-wees in die 21ste eeu. Die stuk ontleed die politiese, maatskaplike, kulturele en absurde landskappe waarin Afrikaners/“Afrikaners”/Afrikaans-sprekendes hulself bevind en uitleef.

Blitsteater

As ons enigiets laasjaar by Blitsteater geleer het, is dit dat kort teaterwerke jou net so hard kan tref soos ’n lang toneelstuk – soms vinniger! Agt uiteenlopende 20-minuut-blitsvertonings vorm deel van hierdie jaar se aanbieding.

Boesman en Lena

Boesman en Lena is twee hawelose randfigure – uitgelewer aan mekaar, die elemente en ’n politieke bestel wat hulle nie ag nie. Athol Fugard se ikoniese stuk bied ’n boeiende blik op die kompleksiteit van verhoudings en maatskaplike ongeregtigheid.

Boklied

’n Aantal ietwat verloopte toneelspelers kom bymekaar in ’n tyd van krisis in ’n geslote ruimte – ’n gestig, ongebruikte saal of dalk net ’n gevangenis. Weg van die sogenaamde “normaliteit” daar buite, besin hulle oor die liefde, lewe en dood.

Brousels en baksels

Die storie van ’n ongenaakbare, maar vrugbare land – spiritualieë gebore uit die hart van die Karoo en gevorm deur die karakter van sy mense.

Die ‘Real Housewife’

Die kykerspubliek het vasgenael gesit toe die TV-program uitgesaai is. Meeste mense kon nie glo wat hulle sien nie. Nog steeds, wêreldwyd, word reekse van The Real Housewives uitgesaai.

Die lewe en die langpad

’n Alomteenwoordige tema in die musiek van Elvis Blue is dikwels die pad wat elkeen van ons moet loop. Sy musiek en vertonings vertel gereeld die storie van die reisiger wat voel-voel sy pad moet vind deur hierdie deurmekaar-wêreld.

Die siel van Eugène Marais

’n Dramatiese reis deur die innerlike wêreld van een van Suid-Afrika se mees komplekse en tragiese literêre figure. Hierdie kabaret speel af teen die agtergrond van ’n onstuimige tydperk in die Afrikaner- en Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Die spoor van ’n storie

Met Pietman Geldenhuys – sanger, storieverteller, skerpskertser en TV-aanbieder van Oppiestoep faam – aan die stuur, is hierdie ’n program vol lag en lewenslus.

Dom, PasOp!

Welkom in die lewe van ’n Cheese Boy. Hy is ryker as meeste swart ouens en sy sak is platter as meeste wit ouens … Net sag genoeg om van albei kante die brak se byt te voel.

Eerlike digkuns

Kom vind meer uit oor hoe om eerlik oor die self en jou omgewing te dig. In hierdie sessie met drie bekroonde digters gesels Antjie Krog, Bibi Slippers en Danie Marais oor hulle werk.

Effens anders

Aletta Francina de Kock is nog altyd effens anders… Aletta se splinternuwe stand-up-komedie, Effens anders, bied ’n komiese en eerlike blik op haar huidige lewe – met al die snaakse, aweregse en downright bizarre dinge wat daarmee saamkom.

Excerpts | Uittreksels

’n Versameling monoloë wat die dekades-oue onderwerpe van Westerse inmenging, sielkundige kondisionering en sensuur, deur ’n Kaapse lens ondersoek.

Feesmark se musiekverhoë: 28 Maart

Fees voluit van vroegdag by die KKNK se meer intieme dagverhoog om jou in die regte luim te kry vir ’n groot partytjie op die Feesmark-verhoog tot laat. Heerlike eetgoed en iets koud om te drink is ook nooit te ver weg nie.

Filled

Wanneer haar private afgryslikheid ’n publieke spektakel word, kom die werklikheid in opstand. Almal het iets te sê: Haar bestuurder, daardie vrou by joga, maar niemand luister werklik nie.

Ganga Nyoko! Inzima Nyoko!

Twee jare lange vriende besluit om ná sewe jaar waarin hulle mekaar nie gesien het nie weer te ontmoet. Tydens hierdie herontmoeting word die verskille tussen die twee al hoe duideliker en geheime wat lank bewaar is, kom na vore.

Granaatsap

Ná haar heilige droom word Ouma ’n selfaangestelde profeet. En haar huis word haar tabernakel. Daar waar die Onse Vader talm en oorlede Albertus lê, groei die heilige granaatboom – bewyse van Ouma se offerande.

Haasvoël

Welkom by die Nasionale konferensie van skaars spesies. Op vandag se agenda: Die bespreking en ontleding van die Haasvoël in sy natuurlike habitat.

Historiese wandeltoer

RJ Tours bied ’n gemaklike staptoer op Oudtshoorn aan, waar deelnemers verskeie historiese geboue besoek en verryk word deur geskiedkundige stories.

Hortjies dig: Die storie van digter Peter Blum

In die vyftigs word Peter Blum geloof as die belangrikste digterstem van die dekade, maar sommige vind sy werk “dekadent” en praat van ’n “maaierkultus” in die verskuns. In 1960 verruil hy en sy vrou, Hetta, Suid-Afrika vir Engeland.

Hou die wêreld vas

’n Jong seuntjie moet die hele wêreld vashou. En al is hy bang, is hy bereid om alles van grootword te leer. Op sy kleurvolle avontuur leer hy die belang van verbeelding, vriendskap en braaf wees.

Internet Sensasie 2.0

Soos die 2025-debuut, maar heeltemal anders! Mel die Storieverteller het in 2025 by die KKNK met haar derde komiese vertoning, Internet Sensasie, gedebuteer. Sedertdien is hierdie vertoning meer as 80 keer opgevoer, en soos ’n lomp aartappel wat deur ’n helse tyd gaan om in legendariese vodka te verander, het hierdie show vele gedaanteverwisselings ondergaan.

Jak de Priester: 25 jaar van songs

2001 was die jaar waarin Jak de Priester sy eerste groot treffer, “Sally Williams Nougat”, geskryf het. Die daaropvolgende jaar wen hy die ATKV-Crescendo-kompetisie en stel sy eerste album bekend. Dit is ook die jaar waarin hy sy eerste vertoning na die KKNK bring.

Jakob

Jakob is ’n meesleurende verhaal oor ’n vreemde klein seuntjie – en oor liefde, lig en alles wat daar tussenin weerkaats. Dit is die verhaal van ’n kind wat anders gebore is en verstoot word deur die gemeenskap waarin hy leef.

Jammer vir die podcast

Ná twee dekades van die mikrofoon vashou, het Hannes Brümmer, soos ’n wafferse loods, sy ure opgebou en sy twakpraatlisensie verdien – en nou kan die gehoor vertrou dat hulle veilig met hom aan die stuur is.

Kaskenades!

Wat word van al jou verlore sokkies? Vir elke liewe kas in die hele wye wêreld is daar ’n Kasmannetjie wat jou kas mooi netjies hou. Kasper, ’n trotse kaskadet, tesame met die sewe-en-’n-half-jarige rolskaatsende Blommie, waag haar kasdeure binne.

Klein konings

Min weet die staatsamptenare Pixley en Joubert wat op hulle wag toe Minister hulle na ’n vergadering genaamd “Removal of Monuments” ontbied. Dié twee amptenare se agtergrond is so uiteenlopend soos kan kom: Pixley is afkomstig van die Zoeloe-adelstand, terwyl Joubert glo van sy betoorgrootmoeder se kant afstam van generaal Piet Joubert.

LAPA Lekkerleesminuut

Kuier elke dag om 11:30 saam by die Klein KKNK-teater. Bekendes in die vermaaklikheidsbedryf lees voor uit van LAPA se bekendste kinderboeke en lekker boekpryse kan gewen word.

Messy

Soos Love Island, maar sonder die kontantprys, fokus Messy op Sam, ’n aanlyn sekswerker wat haar chaotiese verhouding met seks, liefde en intimiteit ondersoek.

Met die maan gepla

’n Muis wat nog nooit kon droom nie, begin wonder oor die maan. Wat volg is ’n klein verhaal oor groot drome en die dinge wat ons laat opkyk. ’n Visuele, hartroerende storie vir oud en jonk.       

Miniatuur-herinneringe: ’n Borsspeld-werksessie

Elke borsspeld dra ’n storie, joune ook. In hierdie kreatiewe werksessie maak deelnemers twee miniatuur-kunswerke: Een teks-gebaseerde borsspeld (’n woord, kort sin of frase) én een beeld-gebaseerde borsspeld, soos ’n klein landskap, portret of abstrakte vorm.

MOORDBALLADES

Die bekroonde joernalis en TV-regisseur Chris du Plessis het onlangs weer vir ’n slag sy musiekvernuf afgepoets met melodieuse weergawes van Afrikaanse verse uit die vorige twee eeue, “eerder as toonsettings van die sexy sestigers wat so gereeld opgedis word”.

Oepsie

Oepsie, die vertoning wat jou laat dink: “Het sy rêrig ’n liedjie daaroor geskryf?!” Christie van Niekerk nooi jou na ’n komedie wat ewe veel eerlik, ongemaklik en blooswaardig is.

Olifant-en-ontbyt-ervaring

Geniet ’n buffet-ontbyt in die restaurant en beleef ’n wonderlike ervaring saam met die drie grootpote, Malaika, Bulelo en Jabari. Word meegevoer deur die aangrypende verhaal van drie wees-Afrika-olifante wat ’n gelukkige tuiste by Buffelsdrift Game Lodge gevind het.

Olyf tot olyfolie

Hierdie toer en proe bied ’n warm, vriendelike en leersame ervaring waar deelnemers leer hoe olywe geoes en olyfolie verbou en vervaardig word. Of jy nou ’n fynproewer van olyfolie is of nie – dit is ’n fantastiese toer vir elkeen wat meer van die bekende De Rustica Olive Estate wil sien.

Ouma en die ou koeie

Soos ons ouer word is meeste mense geneig om (gerieflikheidshalwe) sekere dinge te begin vergeet. En dis gewoonlik die goed wat ons nie wil onthou nie. En dié wat ons wil onthou, kry mos mettertyd allerhande “versierinkies” by.

Pas

Pas is ’n atmosferiese stuk wat afspeel teen die harde werklikhede van die apartheid-era in Suid-Afrika. Die drama volg vir Johanna, ’n jong vrou wat gedwing word om skielik te vlug, en Beverly, die ouer kollega wat onverwags haar gids word, deur ’n wêreld gevorm deur mag, vrees en onuitgesproke geskiedenisse.

Rondomtalie / Marry-go-round

Raak vir 70 minute ’n voyeur as jy inloer by die derde van ses terapiesessies van ’n paartjie wat hul huwelik van 12 jaar probeer red. Olivia het vir Alan op heterdaad op die kombuistafel met ’n ander vrou betrap. En sy is soos ’n vasgehaakte plaat wat hom in geen onseker terme en “kleurvolle” taal ’n oomblik daarvan laat vergeet nie.

Skandalig

Fees voluit tot laatnag by Skandalig. Verwag hope musiekverrassings en lekker kuier, die perfekte manier om jou feesdag af te sluit (of te begin).

Skoenlapperhart / Serurubele

Mosa en Neo is beste maats wat mal daaroor is om saam kgati (touspring) te speel. Wanneer een van hulle skielik nie meer daar is nie, bly die ander een agter met gevoelens van hartseer, verwarring en onsekerheid oor hoe om sonder haar vriendin aan te gaan.

Soos ’n lafenis

In Soos ’n lafenis stel Koos van der Merwe sy nuwe digbundel, die armkant van rykdom, bekend. Daar is groot afwagting nadat sy gedigte oor die afgelope maande deur meer as 500 000 mense op sosiale media gelees is.

Spoel

Uit die ryk fotografiese versamelings en gemeenskapsargiewe wat deur 2025 se fotografiese navorsing gevorm is, ontvou Spoel uit beelde wat dekades lank stilweg ’n dorp se geheue gedra het. In die skeppingsruimte word hierdie foto’s merkers – uitnodigings aan die ensemble om die lig, skadu, gebare en stories wat tussenin sweef te volg.

Sterrekyk in die Klein Karoo

Ervaar die betowerende skoonheid van die Klein Karoo-naghemel saam met Night Sky Tours. Stap onder die uitgestrekte, sterverligte hemel en ontdek ’n wêreld van stilte, helderheid en kosmiese verwondering.

Te Heerlik: Tee-en-smaak-ervaring

’n Intieme smaak-ervaring in die hart van Oudtshoorn, waar die verhale en geure van die Klein Karoo ontmoet. Ontdek die ryk geskiedenis van rooibostee en ervaar vyf unieke tee-proeë wat perfek gepaard gaan met vyf handgemaakte smake uit Te Heerlik se winkel.

The Ugly Noo Noo

In 1988 het Andrew Buckland, onder regie van sy vrou, Janet, ’n eenmanvertoning aangebied wat die landskap van Suid-Afrikaanse teater vir altyd verander het. The Ugly Noo Noo, geskryf en vertolk deur Andrew, vertel die verhaal van ’n man se ontmoeting met ’n insek.

Van ’n afstand af

Van ’n afstand af is ’nversameling van memoires, verhale, sketse en vertellings as deel van ’nterugskouing oor ’n leeftyd. Van die skrywes is oor ’ntydperk in Afrikaanse koerante onder Koos van die Waterberge geplaas.

Veer

Om te sterf, om te slaap – dis al wat oorbly. Niks anders nie. Wie weet watter drome jy dalk mag droom?

Visuelekuns-rondleidings

Sluit daagliks aan by verskeie kunstenaars vir ’n rondleiding van die visuele kuns by die 30ste KKNK. Tree in gesprek met verskillende kunstenaars en kurators. Elke dag besoek ’n ander uitstalling.

Voluit Openingskonsert

Vier saam met ons drie dekades van die kunste, kultuur en onvergeetlike oomblikke by die KKNK met die Voluit Openingskonsert – ’n skouspelagtige huldeblyk aan 30 jaar van die KKNK op Oudtshoorn en die perfekte afskop vir dié fees!

Vredemaker

Reggie Peace was 13 toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan aanklop het. Hier kry hy stabiliteit en gou begin Reggie presteer. Maar hy bly ontevrede met homself – hy hunker na erkenning en aanvaarding.

Wag, wat?

Rehearsal môre gewone tyd in die kerksaal. Ons het baie om deur te werk, so moet asseblief nie laat wees nie! Onthou jou water en goeie vibes! Kwaai

Wildehondekloof: Fynbos-fynproe

Wildehondekloof se gewilde fynbos-toer-en-proe word vir die tweede keer tydens die KKNK aangebied. Ervaar die wonder van die Klein Karoo se fynbos in kos. Ná ’n kort stappie in die veld om te kyk na die plante, keer deelnemers terug na die hoofhuis waar fynbos-gegeurde soute, asyn en tee geproe word.

Willie Strauss: Tong in die quiche

Tong in die quiche is radiopersoonlikheid, kabaretkunstenaar en tuiskok Willie Strauss se nuutste produksie. Willie se stem is herkenbaar oor die land heen en met sy aansteeklike lag vermaak hy gehore met sy Noord-Kaapse aksent.

Woordenaar

Woordenaar is ’n klank- en woordryke reis deur die lewe en grootwordjare van ’n seun wat van wit en swart afkomstig is. Sy begin in die velde en vlaktes van die Oos-Kaap en sy verwarrende en vreemde ervarings op die Kaapse Vlakte.

Zip Zap Circus: MOYA

MOYA, geïnspireer deur die unieke Suid-Afrikaanse konteks, verken en vier die land se erfenis en kultuur in ’n akrobatiese vertoning wat soos ’n lewende skildery ontvou.