Gespreksreekse

‘Atropa’: Tom Lanoye, Marthinus Basson en die geselskap in gesprek

Marthinus Basson (regisseur), Tom Lanoye (skrywer en vertaler) en lede van die geselskap van Atropa: Die wraak van vrede gesels oor die produksie, teater as ’n weerspieëling van die wêreld en waar hul inspirasie vandaan kom.

kykNET-leefarea

30 Maart 2026, 12:30

’n Verdeelde wêreld met verdelende leiers

Leierskap is lankal nie meer ’n gesogte karaktereienskap nie; dáárvoor het ons hopeloos te min goeie voorbeelde.

Netwerk24-feeskafee

1 April 2026, 09:00

Al die swendelaars

Op die vooraand van speurder Arrie Dogh se aftrede beland ’n oënskynlik doodgewone inbraaksaak op sy lessenaar. En wanneer hy begin ondersoek instel na die inbrekers op Louis Jooste se perdeplaas neffens Wildernis, besef hy daar skuil ’n slinkse slang in die gras.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

4 April 2026, 10:30

Biltong en Dior

Biltong en Dior is ’n uitbundige relaas oor die kunstenaar en skrywer Louis Jansen van Vuuren se kleurvolle ervarings as Suid-Afrikaner wat al langer as 25 jaar ’n liefdesverhouding het met alles wat Frans is en vir minstens die helfte van elke jaar in Frankryk woon en werk.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

31 Maart 2026, 10:30

Breyten Breytenbach se teaternalatenskap

Feesgangers het vanjaar as deel van die viering van drie dekades van die KKNK nie net die geleentheid om die herlewingsproduksie van Boklied te sien nie, maar ook sy laaste drama, Verwelkingslied.

kykNET-leefarea

2 April 2026, 14:00

Déjà vu

Zabeth Meyer beland op Kronkelrivier om navorsing vir die krimiskrywer Wilbur Sheldon te doen. In sy skatryk familie se Victoriaanse herehuis, Sheldon Manor, kom sy al hulle vreemde tragedies en intriges teë: Eers verdrink die oudste Sheldon-kleinkind, en ’n paar jaar later sterf sewe Sheldons op een dag.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

1 April 2026, 10:30

Dharma-dwaas in Doodloopstraat

In Dharma-dwaas in Doodloopstraat is die randfiguur Biko April op soek na sy eie stem in die mededingende wêreld van kunstenaarskap. Enersyds vrees hy eensaamheid en andersyds vrees hy groepdenke en ’n gebrek aan uniekheid wat met eendersheid gepaardgaan.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

30 Maart 2026, 14:30

Die avonture van Helga Roets

Helga Roets is dalk aan die verkeerde kant van 80, maar jy kan haar steeds deur ’n ring trek, elke dag van die week. Sy woon nou al amper vyf jaar in die Silwerhare-aftreeoord in Pretoria, en hoewel die aanpassing swaar was, voel sy deesdae tuis in haar blyplekkie.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

1 April 2026, 14:30

Die invloed van tegnologie op die samelewing

Die produksies CRYBABY en Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene ondersoek beide die invloed van tegnologie op die samelewing.

kykNET-leefarea

1 April 2026, 12:30

Die Onderhoud met Wicus Pretorius

Die aktualiteitsprogram Wie’s Nuus? met Netwerk24 op kykNET bring ’n gespreksreeks na die KKNK wat gratis aangebied word. Wicus Pretorius, wat tans waarneem as aanbieder (in Mia Spies se plek), lei dié gesprekke in die Netwerk24-feeskafee.

Netwerk24-feeskafee

30 Maart 2026, 12:00

31 Maart 2026, 12:00

1 April 2026, 12:00

4 April 2026, 12:00

Die opwinding en uitdagings van plekspesifieke teater

Nicola Hanekom en die geselskap van haar nuwe plekspesifieke drama, Die gebed van ’n halfmens, gesels oor die uitdagings van plekspesifieke teater, maar waarom ’n nietradisionele ruimte vir teater ingespan word.

kykNET-leefarea

3 April 2026, 12:30

Die skuld wat bloed betaal

Twee kinders – een wit, een bruin – beur die lewe in en word gedurende die apartheidsjare in dieselfde plattelandse omgewing groot. Onder dié grond voed die bloed en beendere van voorsate die DNS van die landskap.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

29 Maart 2026, 14:30

Die spoegvanger

Die spoegvanger is die ontstellende, maar roerende vertelling van ’n jong, wit seun wat groot word op ’n plaas aan die Vaalrivier. Hy is ’n kind met ’n fyn waarnemingsvermoë, vasgevang in ’n wêreld van stilte, geheime en harde waarhede.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

2 April 2026, 10:30

Die spoor van ’n storie

Met Pietman Geldenhuys – sanger, storieverteller, skerpskertser en TV-aanbieder van Oppiestoep faam – aan die stuur, is hierdie ’n program vol lag en lewenslus.

kykNET-leefarea

28 Maart 2026, 16:00

29 Maart 2026, 16:00

30 Maart 2026, 16:00

Die vuur huil

In die vroeë 1970’s onderneem die 21-jarige Jakob Koetaan ’n lewensveranderende reis van die Baai na Kaapstad – ’n stad wat hom sedert sy kinderjare gelok het.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

1 April 2026, 12:00

Drie digters delf diep

Poëme is ’n taalreis rondom Wium van Zyl se stamboom. Die leser ontdek die taal van die digter se jeugwêreld, die Overberg, en reste van ’n ouer Afrikaans waarin vergete en amper verlore woorde teruggeroep word.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

2 April 2026, 16:00

Een keer om die son

Dit neem ’n jaar vir die aarde om een keer om die son te wentel. In dié tyd kan geweldig baie gebeur, bitter én soet. Die aangrypende verhaal van ’n gesin wat op die oog af gelukkig is ... Maar dan vind ’n tragedie plaas wat tergende vrae tot gevolg het, en alles verander oornag.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

31 Maart 2026, 12:00

Eerlike digkuns

Kom vind meer uit oor hoe om eerlik oor die self en jou omgewing te dig. In hierdie sessie met drie bekroonde digters gesels Antjie Krog, Bibi Slippers en Danie Marais oor hulle werk.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

28 Maart 2026, 16:00

Einde en begin

Op ’n sendingstasie in die destydse Rhodesië beleef die kind Marié die wêreld om haar met verwondering, humor, nuuskierigheid en, soos sy ouer word, met groeiende ontnugtering.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

3 April 2026, 14:30

Historiese almanak

Albé Grobbelaar is ’n oudradioman en meesterjoernalis wat sy eie genre geskep het. Historiese almanak is ’n keur uit Albé se radiopraatjies en koerantrubrieke, ’n versameling van sy jare lange belangstelling in die gebeure van die verlede, sedert hy in Februarie 1982 sy eerste radioprogram opgeneem het …

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

4 April 2026, 16:00

Is dit ‘The Godfather’ of eerder ‘Die kadervader’?

Korrupsie in die môre, korrupsie in die aand, korrupsie oral om ons, hoe moet ons dit verstaan? Daar is ongerymdhede in die privaat sektor en in die regering.

Netwerk24-feeskafee

30 Maart 2026, 09:00

Klawer

In Migdol was daar nog nooit ’n klaviershow nie. Ook nie op Baardskeerdersbos nie. Of op Zastron of Vrede nie. Ook nie op Op-die-Berg nie. Totdat Rocco de Villiers ’n konsert soontoe geneem het. Sy duisende besoeke aan dorpe in Suid-Afrika het hom geleer dat elke gehoorlid ’n verhaal het.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

30 Maart 2026, 16:00

Klein konings

Min weet die staatsamptenare Pixley en Joubert wat op hulle wag toe Minister hulle na ’n vergadering genaamd “Removal of Monuments” ontbied. Dié twee amptenare se agtergrond is so uiteenlopend soos kan kom: Pixley is afkomstig van die Zoeloe-adelstand, terwyl Joubert glo van sy betoorgrootmoeder se kant afstam van generaal Piet Joubert.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

28 Maart 2026, 10:30

Klimaatsverandering: Sal die Klein Karoo oorleef?

Alarmis? Beslis nie. Die vorige droogte in die Klein Karoo was niks minder as apokalipties nie: Fonteine wat geslagte lank standhoudend was, het opgedroog, damme het leeggeloop en volledige boorde is uitgekap.

Absa Kuierkamer

30 Maart 2026, 11:00

Kultuursake: Minister Ricardo Mackenzie

Cornelia Faasen (uitvoerende hoof van NATi) gesels met Ricardo Mackenzie (Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport) oor kuns en kultuur in die provinsie en hoe hy die pad vorentoe sien ten opsigte van samewerking tussen die staat en die kunstebedryf.

kykNET-leefarea

31 Maart 2026, 16:00

Legendes: Sandra Prinsloo en Nic de Jager

Sandra Prinsloo en Nic de Jager het al diep spore getrap. Sandra is vanjaar te sien in ’n nuwe eenvrouvertoning, Die ander dogter, en Nic in die drama ge-gebergtes.

Johnny kykNET-leefarea-saal

2 April 2026, 12:30

Lyfluister: Jou innerlike kompas in donker tye

Leierskap- en lewensafrigter Gretha van der Merwe is self deur skokterapie en Stikland. Totdat sy na haar lyf begin luister het. In hierdie boek deel sy haar reis – van spirituele ontwaking, van emosioneel volwasse word, van die taal van haar lyf wat sy moes leer vertrou – om nie net te oorleef nie, maar werklik te leef.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

30 Maart 2026, 12:00

Malema: Money. Power. Patronage.

Julius Malema het sy groeiende politieke mag misbruik om sy party te befonds en om ’n eie persoonlike fortuin op te bou, ten koste van die arm Suid-Afrikaners vir wie hy na bewering veg.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

31 Maart 2026, 16:00

Moederboeke en sustertale

Antjie Krog en Tom Lanoye is twee gevierde skrywers uit verskillende wêrelddele wat vrylik tussen genres beweeg.

Netwerk24-feeskafee

29 Maart 2026, 10:00

Munisipale dienslewering – of eerder diensontbering?

Die woord “munisipaliteit” is vir baie sinoniem met ’n moedelose gesug. Wat baat dit inwoners maak slaggate reg en die munisipale swembad word herstel … as die oudits steeds nie skoon is nie?

Netwerk24-feeskafee

29 Maart 2026, 08:30

Nabeeld: Vyf jaar van Karoo Kaarte

Die eerste paneel herbesoek die projek se reis oor vyf jaar en verken die ontwikkeling, metodologieë, uitkomste en impak daarvan. Paneellede besin oor hoe die projek sy plattelandse konteks gevorm het – en self daardeur gevorm is – met spesifieke fokus op sy verbintenis tot gemeenskapsgeleide argiewe.

Netwerk24-feeskafee

2 April 2026, 14:00

Om te onthou: Plaaslike geskiedenis deur die lens van fotografie

Die tweede paneel bring navorsingsdeelnemers byeen om te besin oor hul ervarings om gefotografeer te word, beelde te versamel en dat hul stories die openbare domein betree.

Netwerk24-feeskafee

3 April 2026, 14:00

Op die spoor van die Stasiemoordenaar

In die laat 1980’s en vroeë 90’s raak 22 jong seuns tussen tien en 14 jaar vermis, almal binne ’n 30 km-radius van mekaar. Die bruin gemeenskap word tot stilstand geruk elke keer wanneer daar nóg ’n seun verdwyn.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

2 April 2026, 14:30

Ponzi-skemas: Is die skelms te slim, is ons dom – of dalk net gierig?

Is die skelms net te slim, of ons te onnosel? Jaar ná jaar word nog ’n Ponzi-skema blootgelê, en verdwyn nóg mense se geld in die niet.

Netwerk24-feeskafee

2 April 2026, 09:00

Popsielkunde en geestesgesondheid

Om dagboek te hou is deesdae vreeslik in die mode. Dit help blykbaar die psigiese bedrading. Skryf vir terapie is so oud soos die berge. Waarom dan nou maak asof Chat of Claude baanbrekers op dié gebied is?

Netwerk24-feeskafee

3 April 2026, 09:00

Riviere in die wildernis

In die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien van Jaarsveld vind waar sy kaalvoet en sonder pretensie by die Here sit. Daar waar sy met Hom kan gesels oor haar soeke en seer, want sy weet dat Hy gewillig en met deernis luister.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

30 Maart 2026, 10:30

Sal Afrikaans nog die skoolbus haal of is die taal eerder finaal ’n skoolverlater?

Afrikaans haal kort-kort die nuus. In die noorde oor skolewetgewing, in die suide oor die omstredenheid oor Standaardafrikaans en streekstale.

Netwerk24-feeskafee

31 Maart 2026, 09:00

Seisoen van Steyn

Dit is die “Seisoen van Steyn” en die meester van spanning het weer lesers aan die wonder. Skimme en spoorsoekers is ’n versameling kortverhale – ’n interessante mengsel van raaisel, misdaad en meer.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

3 April 2026, 12:00

Skorpio

Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang die blye tyding dat hulle uiteindelik weer bevorder is tot die rang van kaptein. Maar hulle vreugde is van korte duur.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

1 April 2026, 16:00

Spanje: Reise in ’n palimpses

In 1992 loop ’n 17-jarige André Pretorius op sy eentjie in Barcelona rond. Onder die Olimpiese vlam ontbrand ’n hartstog wat hom vir die volgende drie dekades keer op keer terugneem na Spanje.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

2 April 2026, 12:00

Stories onnerie DAK

Hierdie unieke interaktiewe storievertel-ervaring bring gesoute storievertellers byeen, en gehoorlede kry ook ’n beurt – inderwaarheid verskaf hulle die eerste vonk.

kykNET-leefarea

3 April 2026, 16:00

4 April 2026, 12:30

The Shadow State

Op 23 Augustus 2021 op pad huis toe sterf ’n hardwerkende, stil enkelma in ’n koeëlreën. Haar naam was Babita Deokaran, hoofrekenmeester by die Gautengse departement van gesondheid.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

29 Maart 2026, 10:30

Transformasie én prestasie

Wanneer daar van sport en transformasie gepraat word in dieselfde asem, kry party mense sommer sooibrand. Kan ons nie maar aanbeweeg nie?

Netwerk24-feeskafee

4 April 2026, 09:00

Valskermbataljon-verhale

Valskermbataljon-verhale vat jou saam met die Parabats – die elite-valskermsoldate wat deur die lug geval en op die grond geveg het. Dis regte stories deur regte manne oor oomblikke wat hulle nooit sal vergeet nie.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

29 Maart 2026, 16:00

Van ’n afstand af

Van ’n afstand af is ’nversameling van memoires, verhale, sketse en vertellings as deel van ’nterugskouing oor ’n leeftyd. Van die skrywes is oor ’ntydperk in Afrikaanse koerante onder Koos van die Waterberge geplaas.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

28 Maart 2026, 12:00

Van komedie tot digkuns: Lizz Meiring, Chris van Niekerk en Joanie Combrink

Teater-ikone Lizz Meiring, Chris van Niekerk en Joanie Combrink gesels oor hul produksies by vanjaar se fees en kyk terug oor ’n lewe in die teater.

kykNET-leefarea

29 Maart 2026, 12:30

Vandagsedag

Ná C’est la vie (2013) en Net mooi fine (2019) is Lanie van Reenen terug met Vandagsedag; die vertelling van’n kleiner, onder-die-radar-lewe; die huis wat sy liefderik restoureer in die plattelandse dorpie waar sy land, hoe sy, ten spyte van die beperkinge wat met die ouderdom saamkom, steeds ja sê vir avonture.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

3 April 2026, 10:30

Vere langs die pad

Ná Verhale uit Volstruisville volg Stephan Henrico se tweede bundel met vertellings, rubrieke, sketse en waarnemings. Vere langs die pad is biografiese kortverhale wat die skrywer se beskouing van die lewe blootlê.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

29 Maart 2026, 12:00

Vier die storie!

Saam met die KKNK se drie dekades vier Nataniël die afgelope 30 jaar as skrywer, sy meer as 25 topverkopers en ook sy loopbaan as storieverteller. Hy gesels met sy vriendin en medekunstenaar Anna-Mart van der Merwe oor die kuns van stories vertel, die vele maniere om verhale te deel en die ontdek van nuwe kulture.

Absa Kuierkamer (in die Feesmark)

3 April 2026, 11:00

Vir wie moet Oudtshoorn in 2026 stem?

Met die plaaslike verkiesing wat later vanjaar gehou word, vra ons wat bied politieke partye vir dié Klein Karoo-dorp in 2026?

Netwerk24-feeskafee

28 Maart 2026, 08:30

Voluit fees en voluit vorentoe: Feesgangers deel hul KKNK-stories en ervarings

Feesgangers word genooi om saam met die feesbestuur ’n glasie wyn te klink en hul hoogtepunte van die 30ste fees te deel, en ook sommer hoogtepunte van die afgelope drie dekades.

kykNET-leefarea

4 April 2026, 16:00

Voor dit te laat is

Ná ’n geheimsinnige operasie in Simonstad word ’n Suid-Afrikaanse akademikus in België opdrag gegee om betrokke te raak by ’n joernalis uit Belarus. Sy is mooi, briljant, en waarskynlik ’n spioen.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

4 April 2026, 12:00

Vredemaker

Reggie Peace was 13 toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan aanklop het. Hier kry hy stabiliteit en gou begin Reggie presteer. Maar hy bly ontevrede met homself – hy hunker na erkenning en aanvaarding.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

28 Maart 2026, 14:30

Waar bloed kruip

Met haar aankoms by Noordeberg Hospitaal is Lola Anley aangenaam verras om aangewys te word as een van die top- mediese studente wat blyplek in die gesogte Straumann Huis kry.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

31 Maart 2026, 14:30

Wanneer die krieke stil word

Vir ons vroue maak drie goed saak. Dit bepaal wat jy sien en voel wanneer jy in die spieël kyk. Is jy jou pa se prinses? Is jou eerste liefde jou ridder op ’n wit perd? Is jou huwelik in die hemel gemaak?

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

4 April 2026, 14:30

Waterman, Prins en ’n Brief op veertigduisend voet

Waterman van Herman Wasserman is ’n toeganklike bundel waarin die digter in soepel taal sy persoonlike ervarings verwoord én in gesprek tree met digters wat hom voorafgegaan het.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

3 April 2026, 16:00

Wonderlike waarhede

Playback-teatertegnieke word ingespan om stories uit te speel wat deur ’n genooide gas en gehoorlede vertel word.

kykNET-leefarea

31 Maart 2026, 12:30

1 April 2026, 16:00

2 April 2026, 16:30