Vier saam met ons drie dekades van die kunste, kultuur en onvergeetlike oomblikke by die KKNK met die Voluit Openingskonsert – ’n skouspelagtige huldeblyk aan 30 jaar van die KKNK op Oudtshoorn en die perfekte afskop vir dié fees! Hierdie spesiale opelugproduksie neem jou op ’n nostalgiese reis deur die fees se ryk geskiedenis, maar kyk ook voluit vorentoe. Dis meer as net ’n konsert – dis ’n viering van alles wat die KKNK was, is en beloof om nog te wees. Almal word genooi na hierdie unieke partytjie, waar gasverskynings deur gunstelingkunstenaars én hope Oudtshoorn-talent jou vir twee uur gaan vermaak.