Woordenaar is ’n klank- en woordryke reis deur die lewe en grootwordjare van ’n seun wat van wit en swart afkomstig is. Sy begin in die velde en vlaktes van die Oos-Kaap en sy verwarrende en vreemde ervarings op die Kaapse Vlakte. Hy word letterlik gered deur die letter. Die woord in sy mooiste vorm. Hoe meer gedigte hy lees, hoe meer weet hy wie hy is. Die reis word begelei deur ’n orkes, deur sang en narratief en dra mens op vlerke tot reg aan die einde wanneer die verwarde seuntjie ’n man met ’n stem word. Churchil Naudé het in 2025 die Neville Alexander-eerbewys ontvang.