Wat word van al jou verlore sokkies? Vir elke liewe kas in die hele wye wêreld is daar ’n Kasmannetjie wat jou kas mooi netjies hou. Kasper, ’n trotse kaskadet, tesame met die sewe-en-’n-half-jarige rolskaatsende Blommie, waag haar kas binne. Kan Blommie en haar dapper hart die gierige Monsokster verslaan en die ware monster – ons onblusbare dors na nóg en nóg en nog – ontmasker? Hou vas aan jou sokkies en duik saam in ’n borrelende, fantastiese, onderstebo-reis deur Kraakburg-kaswêreld, wat oud en jonk gaan betower!