Miniatuur-herinneringe: ’n Borsspeld-werksessie

AANGEBIED DEUR Yvette Hess

R250

Ebony & Ivory Restaurant (Baron van Reedestraat 89)

Afrikaans en Engels •

Gesin •

120 min.

DATUM(S)

28 Maart 2026, 10:00

29 Maart 2026, 14:30

30 Maart 2026, 10:00

31 Maart 2026, 14:30

1 April 2026, 10:00

2 April 2026, 14:30

3 April 2026, 10:00

4 April 2026, 14:30

Elke borsspeld dra ’n storie, joune ook. In hierdie kreatiewe werksessie maak deelnemers twee miniatuur-kunswerke: Een teks-gebaseerde borsspeld (’n woord, kort sin of frase) en een beeld-gebaseerde borsspeld, soos ’n klein landskap, portret of abstrakte vorm. Met eenvoudige tegnieke, kleurkeuses en vormspel ontdek deelnemers hoe om emosie, identiteit en speelsheid in twee unieke, draagbare kunswerke te omskep. Die sessie is lig, toeganklik en ideaal vir enigiemand wat wil skep, uit asem, dink of net ’n bietjie mooi wil maak.