In ’n Suid-Afrika waar mense net 140 woorde per dag mag gebruik, moet twee jong geliefdes leer om met stilte te leef, en om met woorde te baklei. Soos die beperkinge meer word, word die verhouding ook al hoe moeiliker om te beredder, en op die ou einde moet hulle mekaar vra of daar werklik nog iets oor is om te sê. Hierdie ontroerende stuk ondersoek wat liefde, vryheid en die krag van ’n mens se eie stem beteken.