Die siel van Eugène Marais

MET Daniel Anderson en Paul Ferreira TEKS EN REGIE Amanda Bothma MUSIEKREGIE Paul Ferreira BELIGTINGSONTWERP EN VERHOOGBESTUURDER Barry Strydom STELONTWERP Wilhelm Disbergen VERVAARDIGER Wela Kapela Productions

R150 (vooraf) • R135 (Vriende van die KKNK) • R165 (by die deur)

Laerskool Wesbank-teater (Vredestraat)

Afrikaans en Engels •

Gesin OB •

65 min.

DATUM(S)

28 Maart 2026, 19:30

29 Maart 2026, 16:30

30 Maart 2026, 12:30

’n Dramatiese reis deur die innerlike wêreld van een van Suid-Afrika se mees komplekse en tragiese literêre figure. Hierdie kabaret speel af teen die agtergrond van ’n onstuimige tydperk in die Afrikaner- en Suid-Afrikaanse geskiedenis. Marais, ’n onwaarskynlike Afrikanerheld, pas nie netjies in die boksie van die tradisionele ikoon nie – en juis dáár lê sy betekenis. Die stuk volg sy metamorfose van ’n sjarmante jong joernalis en charismatiese student in Londen tot die gebroke, verslete man in sy latere jare.