’n Satiriese blik op Afrikaner-wees in die 21ste eeu. Die stuk ontleed die politiese, maatskaplike, kulturele en absurde landskappe waarin Afrikaners/“Afrikaners”/Afrikaans-sprekendes hulself bevind en uitleef. Van popmusiek tot piramideskemas, tafelgebede en ’n voorliefde vir die akuut – niks hier is heilig (of veilig) nie. ’n Karatewater-konkoksie van sketse, musiek, dans en parodieë.