KKNK
Kaartjiebeleid
Om ’n regverdige en deursigtige KKNK-ervaring vir alle feesgangers te verseker, geld die volgende beleid met betrekking tot die omruil of terugbetaal van kaartjies wat vir die fees op Oudtshoorn gekoop word.
- Algemene beleidsbepaling
- Slegs kaartjies wat deur die KKNK se amptelike diensverskaffer vir kaartjieverkope gekoop is, is geldig vir enige toegang tot die fees.
- Alle kaartjieverkope is finaal.
- Terugbetalings of omruilings word slegs toegestaan onder die voorwaardes hier onder uiteengesit.
- ’n Bewys van aankoop is nodig vir enige terugbetaling of omruiling.
- Terugbetalings
Terugbetalings word slegs onder die volgende omstandighede oorweeg:
- Kansellasie
- Indien ’n vertoning of optrede deur die KKNK of die vervaardiger gekanselleer word:
- Word die volledige kaartjiebedrag aan die koper terugbetaal.
- Terugbetalings word outomaties binne tussen 7 en 10 werksdae verwerk.
- Herskedulering
- Indien ’n vertoning of optrede herskeduleer word:
- Kan kaartjiehouers hul oorspronklike kaartjies vir die nuwe datum en/of tyd gebruik; of
- ’n Volledige terugbetaling binne sewe dae ná die aankondiging van die herskedulering aanvra.
- Wesenlike verandering
- Indien ’n vertoning of optrede wesenlik verander (bv. verandering van hoofkunstenaar, venue of programinhoud), word enige sodanige terugbetalings op die diskresie van die KKNK oorweeg.
- Tegniese of operasionele probleme
- Indien ernstige tegniese probleme (bv. kragonderbrekings, weersomstandighede waar van toepassing) voorkom wat verhoed dat ’n vertoning kan voortgaan soos geskeduleer, kan terugbetalings op die diskresie van die KKNK oorweeg word.
- Siekte, persoonlike krisis of noodgeval
- In die geval van siekte, ’n persoonlike krisis of noodgeval, moet versoeke vir terugbetalings per e-pos aan die diensverskaffer vir kaartjieverkope en die KKNK-kantoor gerig word vir oorweging, met die nodige geldige ondersteuningsdokumente.
- Kansellasie
- Nie-terugbetaalbare Gevalle
Geen terugbetaling word toegestaan of oorweeg vir:
- Laat aankoms vir vertonings, vertonings wat om welke rede misgeloop word of enige onvermoë om ’n vertoning by te woon nie.
- Weerstoestande, tensy die vertoning of optrede deur die KKNK of vervaardiger self gekanselleer word.
- Ontevredenheid met die inhoud van die vertoning of optrede, tensy ’n wesenlike verandering (verwys na paragraaf 2.3) plaasgevind het.
- Weens enige vervoer- of verblyfprobleme, of welke ander logistieke uitdaging(s).
- Omruilings van Kaartjies
In ’n geval waar ’n vertoning of optrede deur die KKNK of die vervaardiger gekanselleer word, kan omruilings van kaartjies toegestaan word indien:
- Die versoek minstens 48 uur voor die geskeduleerde vertoning of optrede ingedien word.
- Die omruiling slegs gedoen word vir ’n ander vertoning of optrede met beskikbare sitplek.
- Verskille in kaartjiepryse vereffen is.
- ’n Administrasiefooi mag hier van toepassing wees.
- Armbandjies vir Toegang tot die Feesterrein
Die volgende geld met betrekking tot armbandjies vir toegang tot die KKNK se feesterrein (die Feesmark in 2026):
- Verkryging van armbandjies
- Vir toegang tot die KKNK se feesterrein, word ’n dag- of feeskaartjie deur die KKNK se kaartjieverskaffer gekoop.
- Hierdie kaartjie word by die hekke tot die feesterrein as bewys getoon, waar ’n armbandjie vir die toepaslike tydperk uitgereik word.
- Dra van armbandjies
- Armbandjies moet ten alle tye om die arm gedra word vir die volle duur waarop dit geldig is, hetsy vir slegs een dag (dagkaartjie) of die volle duur van die fees (feeskaartjie).
- Verlore armbandjies
- Geen armbandjies wat verloor word, word vervang nie.
- Indien ’n armbandjie verloor word, moet ’n nuwe kaartjie teen die volle prys aangekoop word.
- Gebreekte armbandjies
- Gebreekte armbandjies is nie geldig vir toegang tot die feesterrein nie.
- ’n Gebreekte armbandjie word slegs omgeruil vir ’n geldige armbandjie, indien die oorspronklike gebreekte armbandjie ingehandig word.
- Die KKNK behou die reg voor om ’n vervanging te weier.
- Verkryging van armbandjies
- Groepsbesprekings
- Terugbetalings en omruilings vir groepe word soos in hierdie beleid uiteengesit hanteer.
- Force Majeure
- Die KKNK is nie aanspreeklik vir terugbetalings of vergoeding weens omstandighede buite die beheer van die fees nie, insluitend maar nie beperk tot natuurrampe, burgerlike onrus, nasionale regulasies of ander noodgevalle.
- Terugbetalings vir force majeure-situasies sal volgens toepaslike Suid-Afrikaanse verbruikerswetgewing hanteer word.
- Hoe om ’n Terugbetaling of Omruiling aan te vra
(Vir die redes soos aangedui in paragraaf 2)
- Die KKNK se amptelike diensverskaffer vir kaartjieverkope; of
- Die KKNK-kantoor via e-pos aan info@kunste.org.za.
- Verwerking van terugbetalings en omruilings kan tot 10 werksdae neem.
- Nakoming
- Hierdie beleid voldoen aan die bepalings van die Suid-Afrikaanse Wet op Verbruikersbeskerming (Wet 68 van 2008) en is daarop gemik om duidelikheid en regverdigheid vir alle kopers te verseker.