Raak vir 70 minute ’n voyeur as jy inloer by die derde van ses terapiesessies van ’n paartjie wat hul huwelik van 12 jaar probeer red. Olivia het vir Alan op heterdaad op die kombuistafel met ’n ander vrou betrap. En sy is soos ’n vasgehaakte plaat wat hom in geen onseker terme en “kleurvolle” taal ’n oomblik daarvan laat vergeet nie. Voeg hierby ’n Indiese verhoudingsterapeut, Mahesh Maharaj, wat klaarblyklik die beste in die bedryf is met sy “alternatiewe” metodes en dinge begin vir seker “rondomtalie” draai. Nie vir sensitiewe en preutse kykers nie.