FEESMARK

Fees voluit in die Feesmark!

Musiekverhoë • Kinderteater • Blitsteater • Stalletjies • Pretpark • En nóg baie meer!

Kry ongelooflike waarde vir jou geld op die KKNK se feesterrein! Ure se vermaak en pret wag hier op die hele gesin – alles op één plek. Optredes deur van Suid-Afrika se gunstelinge op twee musiekverhoë, betowerende kinderteater in die Klein KKNK-teater en teatervermaak met Blitsteater se blitsvinnige teaterhappies wag hier op jou.

Stap deur die hordes stalletjies, maak ’n draai in die KKNK-winkel, smul by die kosstalletjies en koel af by die kroeë en gesellige kuierplekke. Verdere opwinding en verrassings wag by verskeie borge- en ander aktiverings, met die geesdriftiges wat die pretpark kan aandurf.

Dit maak nie saak of jy kom vir die musiek, teater, kuns of net die atmosfeer nie – die Feesmark is die perfekte plek om drie dekades van die KKNK op Oudtshoorn te vier. ’n Dag se kuier is nie genoeg nie, jy gaan elke dag ’n draai wil maak.

Program onderhewig aan verandering.

28 Maart 2026

Die Voluit Openingskonsert is die perfekte afskop vir drie dekades van die KKNK op Oudtshoorn! Met ’n program propvol gewilde treffers en hope verrassings, saamgestel deur Janine Neethling en onder regie van Nico Scheepers, gaan jy nie ’n enkele oomblik wil misloop nie. Op die verhoog is onder andere Early B, Coenie de Villiers, Amanda Strydom en vele ander (vanaf 20:00). Nóg optredes deur die dag sluit in Vrydenk Effek (22:00), Brendan Peyper (18:30), Bernice West (17:00), Martin Bester (15:30), Posduif (13:00) en Bacchus Nel en sy Bra’s (10:30). 

KOOP JOU KAARTJIE HIER

29 Maart 2026

Karoo Pops is ’n voluit-klankervaring onder leiding van maestro Richard Cock en ’n simfonieorkes. Geniet ’n aand met ’n program propvol onvergeetlike oomblikke, met Karen Zoid, Emo Adams en Phoebe Mgxaji op die verhoog onder die Klein Karoo-sterreprag (vanaf 20:00). Nóg optredes deur die dag sluit in Jo Black (18:30), Karlien van Jaarsveld (17:00), Rubber Duc (15:30), The Rocketzz New Generation (13:00) en Kruger & Tutu (10:30).

KOOP JOU KAARTJIE HIER

30 Maart 2026

Eloff (20:45), Majozi (19:30), Karin Kortje (18:15), Robin Pieters (18:15), G-Minor (18:15), Jodi Jantjies (17:00), Christia Visser (15:30), Prop (13:00) en Tino (10:30).

KOOP JOU KAARTJIE HIER

31 Maart 2026

YoungstaCPT (20:45), Zaan Sonnekus (19:30), Monark (18:15), Rooksein (17:00), Juanita du Plessis (15:30), Leah (13:00) en ADAM (10:30).

KOOP JOU KAARTJIE HIER

1 April 2026

Dr. Victor & The Rasta Rebels (20:45), Riaan Benadé (19:30), Craig Lucas (18:15), Droomsindroom (17:00), The Muses (15:30), Andriëtte Norman (13:00) en Millenium (10:30).

KOOP JOU KAARTJIE HIER

2 April 2026

Kaktus is terug! Dié musiekkonsert is sedert die ontstaan van die KKNK ’n hoogtepunt vir baie feesgangers, waar verskeie musiekgenres bymekaarkom. Ou bekendes, nuwe gesigte en harde klanke gaan sorg vir ’n partytjie wat jy nie sommer gou gaan vergeet nie. Op die verhoog is Van Pletzen (22:30), Francois van Coke (21:15), Early B (20:15), BlackByrd (19:00), Booshle G. (18:00) en Jack and the Weatherman (17:00). Nóg optredes deur die dag sluit in Seuns van Vlug (15:30), ONS (13:00) en Zoé (10:30).

KOOP JOU KAARTJIE HIER

3 April 2026

Die Heuwels Fantasties (21:45), Die Piesangskille (20:45), Springbok Nude Girls (19:30), Refentse (18:15), Robbie Wessels (17:00), Barto Swiegers (15:30), Van Der Aven (13:00) en Shaza (10:30).

KOOP JOU KAARTJIE HIER

4 April 2026

Early B (22:00), Demi Lee Moore (20:45), Appel (19:30), Elandré (18:15), Kurt Darren (17:00), Chris Steyn (15:30), Dodo Nyoka (13:00) en Don Vino (10:30). 

KOOP JOU KAARTJIE HIER

Hoeveel kos kaartjies?

Kies tussen dagkaartjies of feeskaartjies teen ’n besparing. Onthou om jou kaartjies vir die Feesmark (soos jou teaterkaartjies) vooraf te koop, want dis goedkoper as by die hekke of deure. Jou Feesmark-kaartjie sluit toegang tot al die musiek op die Feesmark-verhoë, die Klein KKNK-teater en Blitsteater in.

Dagkaartjies

28 Maart tot 4 April
R150 per dag (tot 27 Maart 2026) • R175 per dag (vanaf 28 Maart 2026)

Feeskaartjies

Vermaak vir al 8 dae!

Algemeen 
R840 (tot 27 Maart 2026) • R980 (vanaf 28 Maart 2026) 

Pensioenarisse en Oudtshoorniete (slegs beskikbaar by KKNK-kantoor)
R590 (tot 27 Maart 2026) • R690 (vanaf 28ste Maart 2026)

Kinders

7 tot 13 jaar • R75 per dag (slegs beskikbaar by die hekke op die dag) 

Onder 7 jaar • Gratis (met ouerbegeleiding) 

WANNEER?

Stalletjies: 28 Maart tot 4 April 10:00 tot 18:00
Feesmark-verhoogarea: 28 Maart tot 4 April 10:00 tot laat

WAAR?

In die area rondom die De Jager-sportsentrum in Voortrekkerweg, tussen Voortrekkerweg en Kerkstraat.

Neem kennis
Geen troeteldiere word op die KKNK se terreine, insluitend die Feesmark, toegelaat nie. Slegs amptelike gidshonde word toegelaat. Program onderhewig aan verandering. Reg van toegang voorbehou.