A Victor Borge Tribute

MET Winand Grundling (klavier) REGIE Winand Grundling VERVAARDIGER Erns Grundling

R180 (vooraf) • R165 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)

Absa Studio (Banketsaal)

Engels •

Gesin •

65 min.

DATUM(S)

28 Maart 2026, 13:00

29 Maart 2026, 10:00

Winand Grundling, bekend as ’n top-orrelis, is ook ’n virtuose pianis en iemand met ’n natuurlike instink vir improvisasie en komedie. Hy het in die legendariese Victor Borge (1909-2000), die Deens-Amerikaanse komediant en pianis, inspirasie gevind om sy eie talent ten toon te stel met ’n fyn uitgewerkte huldeblyk wat daarna streef om Borge se werk aan plaaslike gehore bekend te stel. Borge se speelse en vermaaklike styl, tesame met foutlose tegniek, word deur Winand geïnterpreteer en op die planke gebring in ’n konsert wat beloof om gehore te laat skater én te stem tot nadenke.

Winand is bekend onder KKNK-gehore as orrelis en is reeds met drie Kannas bekroon.