Die twee kitaarmeesters Albert Frost en James Grace deel vir die eerste keer die verhoog. Hierdie vertoning beloof om ’n onvergeetlike musiekervaring te wees.
Twee prostitute, een oud, een jonk en onervare. Dis Tillie se eerste nag. Mathilda, die ou prostituut, ontferm haar oor die weerlose meisie van die platteland. Die twee vroue se stories word die universele stem van vroue in alle situasies.
Musiek kan die siel sus en ’n boodskap van hoop en herstel bring. Dit dring soms met sagte note en melodieë die dieptes van ons wese binne, of dit kan woorde wat te lank ongesê is laat opstaan en ’n stem wat stil was laat brul soos ’n leeu.
Maak gereed om meegevoer te word deur hierdie samewerking tussen twee van Suid-Afrika se betowerendste musikale talente – ’n onvergeetlike jazzkonsert wat die ryk tapisserie van plaaslike én wêreldmusiek vier.
Kristi Steyn is op reis deur Afrikaans om te bewys dat Afrikaans meer as ’n taal is. Word weggevoer met sang, klavier en tjello tussen nuwe en ou gedigte deur bekendes en onbekendes. Die liedjies en gedigte word verweef met stories en komiese staaltjies oor musiek, skep en die lewe van ’n indringer.
Die Karoo Kunslied ondersoek hoe poësie, die landskap en musiek saamvloei in die Afrikaanse kunslied. Met die musiek van vroeë komponiste soos S. le Roux Marais en Pieter de Villiers tot hedendaagse meesters soos Franco Prinsloo, word die Suid-Afrikaanse landskap in klank vasgevang.
In hierdie komisese kabaret blaf Buks koning in die stofstrate van Paul Roux. ’n Klein wit chihuahua wat dink hy is so groot soos ’n renoster. Buks trip-trap van huis tot huis, hoor die skinder, hoor die geheime.
’n Alomteenwoordige tema in die musiek van Elvis Blue is dikwels die pad wat elkeen van ons moet loop. Sy musiek en vertonings vertel gereeld die storie van die reisiger wat voel-voel sy pad moet vind deur hierdie deurmekaar-wêreld.
’n Dramatiese reis deur die innerlike wêreld van een van Suid-Afrika se mees komplekse en tragiese literêre figure. Hierdie kabaret speel af teen die agtergrond van ’n onstuimige tydperk in die Afrikaner- en Suid-Afrikaanse geskiedenis.
Die klankbaan van die gewilde kykNET-drama Een keer om die son word na die verhoog gebring. Ervaar die musiek van albei seisoene, sowel as die stories wat hierdie reeks en musiek geïnspireer het.
Fees voluit van vroegdag by die KKNK se meer intieme dagverhoog om jou in die regte luim te kry vir ’n groot partytjie op die Feesmark-verhoog tot laat. Heerlike eetgoed en iets koud om te drink is ook nooit te ver weg nie.

Sluit aan by Francois van Coke vir ’n intieme vertoning met akoestiese verwerkings van sy bekendste liedjies en die agtergrondstories oor sy 23-jaar lange musiekloopbaan.
’n Semi-outobiografiese kabaret wat jou laat lag, huil en met nuwe oë na jou eie storie laat kyk. Dit vertel die verhaal van Stephanie, die dogter van twee pastore, wat haar plek in die wêreld soek te midde van haar gemengde agtergrond en ons komplekse geskiedenis.
2001 was die jaar waarin Jak de Priester sy eerste groot treffer, “Sally Williams Nougat”, geskryf het. Die daaropvolgende jaar wen hy die ATKV-Crescendo-kompetisie en stel sy eerste album bekend. Dit is ook die jaar waarin hy sy eerste vertoning na die KKNK bring.
Karoo Pops is ’n voluit klankervaring onder leiding van maestro Richard Cock en ’n simfonieorkes. Geniet ’n aand met ’n program propvol onvergeetlike oomblikke op die verhoog onder die Klein Karoo-sterreprag.
Met sy geliefde klaviertreffers, oud én nuut, en die bekendstelling van sy nuwe boek, Klawer, neem Rocco de Villiers die gehoor op ’n poëtiese reis deur die klein, kleiner en kleinste dorpies van Suid-Afrika.
Sanger-liedjieskrywer Lize Beekman is terug! Met haar nuwe album en vertoning, Tussen hier en daar, staan sy die kollig vol met van die mooiste melodieë en lirieke in Afrikaans uit haar kenmerkende skryfpen.
Loki Rothman is Suid-Afrika se voorste kitaarvirtuoos. Sy vertoning is ’n rare geleentheid om hierdie bekroonde vervaardiger en musikant se besonderse talent buite sy ateljee te siene te kry.
Luna Paige sing oor die “groot reis” en die immer ontwykende eindbestemming. Sy verken ruimtes waar beweging, stilte van gees, selfliefde en aanvaarding harmonie bring.
Mathys Roets is een van die min kunstenaars in Suid-Afrika wat reg laat geskied aan Leonard Cohen se musiek. Ingesluit is van sy gewildste liedjies, van “Famous Blue Raincoat” en “Suzanne” tot “Hallelujah” en van die laastes wat Cohen opgeneem het.
Die bekroonde joernalis en TV-regisseur Chris du Plessis het onlangs weer vir ’n slag sy musiekvernuf afgepoets met melodieuse weergawes van Afrikaanse verse uit die vorige twee eeue, “eerder as toonsettings van die sexy sestigers wat so gereeld opgedis word”.
Kom sit. Hier waar stories nog warm is en herinneringe soos stoom oor die geregte hang. Ommitafel is ’n intieme musikale reis oor mense, maaltye en momente wat ons bind.
Die woord omwenteling is afkomstig van die Latynse circumvolvo wat beteken “kronkelende bewegings of patrone”. Binne hul afsonderlike spiraal-wêrelde oorweeg Cilliers en Kombuis wat om te skryf of wat om te lees.
Die Mauritz Lotz-verhaal. Hy is die Suid-Afrikaanse musikant met meer as 4 000 opnames op sy kerfstok. Hy spog met twee Grammy-pryse en is self ’n beoordelaar van die Grammys. Hy is ’n kitaargenie, komponis en verwerker wat plaaslik en internasionaal respek afdwing.
Nataniël se nuwe vertoning, SOOIBRAND, is ’n intieme en musikale huldeblyk aan ligte ongemak, diepe skuldgevoelens, mediese skokke en volgehoue ontkenning.
In Soos ’n lafenis stel Koos van der Merwe sy nuwe digbundel, die armkant van rykdom, bekend. Daar is groot afwagting nadat sy gedigte oor die afgelope maande deur meer as 500 000 mense op sosiale media gelees is.
Die wêreld het – meer as ooit – vrede nodig. Elkeen van ons het ’n versugting daarna. Die enigste manier om vrede in ’n gebroke wêreld te bewerkstellig, is om dit met passie na te jaag: Om ’n stille vuur van skoonheid te skep.
Maak gereed om jou musikale sintuie te prikkel met The Scullery Quintet se genotvolle vertoning van hul veelbekroonde Stir-fried Sonatas. Dit is beslis nie ’n gewone klassieke konsert nie – dis ’n aanloklike mengsel van klassieke crossover-, jazz- en populêre musiek, wat beloof om jou ore te streel én jou waardering vir die buitengewone te prikkel.
Twee oseane is ’n samewerking tussen twee unieke musikale entiteite, die groep Coffee Snobs en Helene Bester, met die see as kerntema. Die see met sy magiese teenwoordigheid en prag het al talle besonderse musikale werke geïnspireer en met hierdie produksie vertolk Helene Bester en Coffee Snobs hul gunsteling- kontemporêre liedjies oor die see.
Vier saam met ons drie dekades van die kunste, kultuur en onvergeetlike oomblikke by die KKNK met die Voluit Openingskonsert – ’n skouspelagtige huldeblyk aan 30 jaar van die KKNK op Oudtshoorn en die perfekte afskop vir dié fees!
’n Unieke en hartroerende produksie met ’n kragtige en kunsryke kombinasie van woordkuns, musiek en lewenservaring. Humor en emosie word haarfyn gebalanseer en neem die gehoor op ’n reis vol lag, trane, hoop en selfontdekking.
Die wêreld is aan die brand, maar die engel/orakel/demi-godin wat die kliëntedienssentrum van die kosmos eiehandig beman, is afgeboek weens uitbranding. Die groot oor van die heelal is geheel en al oor dit. Wie gaan nou na die mensdom se gesanik luister, raad gee oor verhoudings en vure doodslaan waar hulle dreig om verwoesting te saai?
Tong in die quiche is radiopersoonlikheid, kabaretkunstenaar en tuiskok Willie Strauss se nuutste produksie. Willie se stem is herkenbaar oor die land heen en met sy aansteeklike lag vermaak hy gehore met sy Noord-Kaapse aksent.
Woordenaar is ’n klank- en woordryke reis deur die lewe en grootwordjare van ’n seun wat van wit en swart afkomstig is. Sy begin in die velde en vlaktes van die Oos-Kaap en sy verwarrende en vreemde ervarings op die Kaapse Vlakte.