Boesman en Lena is twee hawelose randfigure – uitgelewer aan mekaar, die elemente en ’n politieke bestel wat hulle nie ag nie. Athol Fugard se ikoniese stuk bied ’n boeiende blik op die kompleksiteit van verhoudings en maatskaplike ongeregtigheid. Dit is ook ’n viering van die krag en weerbaarheid van die menslike psige, en ons universele behoefte aan hoop, meelewing en menslikheid. ’n Gepaste huldiging van Suid-Afrika se grootse dramaturg, wat in 2025 oorlede is.