As ons enigiets laasjaar by Blitsteater geleer het, is dit dat kort teaterwerke jou net so hard kan tref soos ’n lang toneelstuk – soms vinniger! Vir KKNK se 30ste verjaarsdag haal ons nie ons voet van die petrolpedaal af nie, inteendeel, ons trap hom in. Agt uiteenlopende 20-minuut-blitsvertonings vorm deel van hierdie jaar se aanbieding. Kom sluit aan vir teater wat jou aan die skouers gryp en stukkie vir stukkie losskud uit die alledaagse. Hierdie jaar se groep kunstenaars is gevaarlik nuuskierig, en elke produksie nooi jou om deel te wees van ’n verkenningstog. Blitsteater is vir almal.
Toegang tot die blitsvertonings is ingesluit by jou feesmarkkaartjie. Kom skiet deur feesterrein toe as jy ’n gap het, of hang ’n dag hier rond as dit jou vibe is.
Dis vars.
Dis vinnig.
Dis verniet.
Daagliks 11:00 • 11:30 • 12:00 • 12:30 • 15:00 • 15:30 • 16:00 • 16:30