DEBUUT

Jakob

MET Bryan Hiles TEKS, REGIE, STEL- EN BELIGTINGSONTWERP Michael Taylor-Broderick VERTALING Barry Strydom MUSIEK Nick Pitman CHOREOGRAFIE David Gouldie VERHOOGBESTUURDER Cara Roberts VERVAARDIGER Theatresmiths

Moontlik gemaak deur die KKNK.

R100 (vooraf) • R90 (Vriende van die KKNK) • R110 (by die deur)

Laerskool Wesbank-teater (Vredestraat)

Afrikaans •

Geen o. 10 •

55 min.

DATUM(S)

28 Maart 2026, 13:30

30 Maart 2026, 16:00

31 Maart 2026, 16:30

1 April 2026, 16:30

Jakob is ’n meesleurende verhaal oor ’n vreemde klein seuntjie – en oor liefde, lig en alles wat daar tussenin weerkaats. Dit is die verhaal van ’n kind wat anders gebore is en verstoot word deur die gemeenskap waarin hy leef. Die stuk verken hoe Jakob leer om met sy uitsluiting om te gaan. Deur die gebruik van liriese prosa en tegniese teatervernuf betree die werk die wêreld van die magiese realisme. Jakob is ’n kragtoer van treffende visuele beelde, pragtige taalgebruik en fyn, sensitiewe storievertelling.

Die Engelse weergawe van Jakob het ’n Ovation-prys by die Nasionale Kunstefees ontvang en aan Bryan Hiles die prys as beste akteur in ’n solovertoning by die Durban Theatre Awards besorg.