Mosa en Neo is beste maats wat mal daaroor is om saam kgati (touspring) te speel. Wanneer een van hulle skielik nie meer daar is nie, bly die ander een agter met gevoelens van hartseer, verwarring en onsekerheid oor hoe om sonder haar vriendin aan te gaan. Skoenlapperhart / Serurubele is ’n produksie oor vriendskap en verlies binne families. Met min dialoog en hoofsaaklik speletjies wat die storie aandryf, skep dit ’n veilige ruimte vir kinders om oorweldigende gevoelens te verstaan. Want selfs wanneer iemand vir wie ons lief is nie meer by ons is nie, kan ons steeds troos in mekaar – en in die stories wat ons saamdra – vind.