Historiese wandeltoer

MET Roydin Engelbrecht van RJ Tours

R150

Vertrek vanaf Le Roux Dorpshuis (h.v. Hoog- en Loopstraat) en eindig by Beans Café (Kerkstraat)

Afrikaans en Engels•

Gesin•

120 min.

DATUM(S)

28 Maart 2026, 08:00

29 Maart 2026, 08:00

31 Maart 2026, 08:00

2 April 2026, 08:00

4 April 2026, 08:00

Begin hierdie wandeltoeravontuur in die pragtige Le Roux-volstruisveerpaleis, gebou in 1907, waar jy deur die luukse kamers stap en die hartroerende stories hoor van die Le Roux-familie en Rose van Niekerk, ’n besonderse vrou wie se styl en persoonlikheid kleur gegee het aan die bloeitydperk van die volstruisveerbedryf.  Daarna neem die toer jou op ’n rustige wandeling deur Oudtshoorn se historiese strate, vol sandsteen-juwele, statige kerke en geliefde bakens wat die Klein Karoo se karakter vorm. Met elke tree kry die verlede lewe met hartlike stories en interessante feite, wat meer raakpunte insluit as wat jy sal verwag.