Tong in die quiche is radiopersoonlikheid, kabaretkunstenaar en tuiskok Willie Strauss se nuutste produksie. Willie se stem is herkenbaar oor die land heen en met sy aansteeklike lag vermaak hy gehore met sy Noord-Kaapse aksent. Tong in die quiche is stories, musiek en kosverhale in eg Willie Strauss-styl – vol kleur en geur met ’n knippie nostalgie en ’n maatbeker vol lag.