Jammer vir die podcast

MET Hannes Brümmer TEKS EN REGIE Hannes Brümmer VERHOOGBESTUURDER Giep van Zyl VERVAARDIGERS Giep van Zyl en Hannes Brümmer

R160 (vooraf) • R145 (Vriende van die KKNK) • R175 (by die deur)

Netwerk24-feeskafee

Afrikaans •

Geen o. 13 T•

60 min.

DATUM(S)

28 Maart 2026, 16:00

29 Maart 2026, 18:00

30 Maart 2026, 20:00

1 April 2026, 16:00

Ná twee dekades van die mikrofoon vashou, het Hannes Brümmer, soos ’n wafferse loods, sy ure opgebou en sy twakpraatlisensie verdien – en nou kan die gehoor vertrou dat hulle veilig met hom aan die stuur is. Hy kom dalk babelas en bedonderd voor, maar in wese probeer hy ’n nugter analise van ons moderne lewe maak, met venynige en spitsvondige waarnemings. Kom lag en dink in dieselfde asem, terwyl onderwerpe wat wissel van basiese menswees en reg en verkeerd tot die generasiegaping en geestesgesondheid van sy seepgladde tong afrol. Dit is nie ’n produksie oor sosiale media nie, maar ’n ondersoek na hoe ons manier van kommunikeer verander het – ’n onbeholpenheid van ons omgaan met ander in die werklikheid. Dit handel oor frustrasie, ouer word en agter raak en ontdek dat kômmin inderdaad baie meer algemeen is.