Die klankbaan van die gewilde kykNET-drama Een keer om die son word na die verhoog gebring. Ervaar die musiek van albei seisoene, sowel as die stories wat hierdie reeks en musiek geïnspireer het. Ivan Botha en Donnalee Roberts vertel tussen die musiek deur waar hierdie verhaal gebore is en watter impak dié storie op hul eie lewens gehad het.