DEBUUT

Francois van Coke: Hoe ek dit onthou

MET Francois van Coke en Richard Onraet TEKS Francois Badenhorst REGIE Francois van Coke VERVAARDIGER VCK Music

R240 (vooraf) • R220 (Vriende van die KKNK) • R260 (by die deur)

Absa Burgersentrum

Afrikaans •

Gesin •

90 min.

DATUM(S)

3 April 2026, 11:00

Sluit aan by Francois van Coke vir ’n intieme vertoning met akoestiese verwerkings van sy bekendste liedjies en die agtergrondstories oor sy 23 jaar lange musiekloopbaan. Kitaarspeler Richard Onraet begelei hom terwyl hulle die liedjies opvoer wat Francois bekend gemaak het as hoofsanger van Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel en as bekroonde solokunstenaar. Francois vermaak met agtergrondstories van sy tydlose treffers, waaronder “Toe vind ek jou”, “Dagdrome in suburbia”, “Aande” en Fokofpolisiekar-classics soos “Komma” en “Ek skyn (heilig)”.