Kaktus is terug! Dié musiekkonsert is sedert die ontstaan van die KKNK ’n hoogtepunt vir baie feesgangers, waar verskeie musiekgenres bymekaarkom. Ou bekendes, nuwe gesigte en harde klanke gaan sorg vir ’n partytjie wat jy nie sommer gou gaan vergeet nie.