’n Unieke en hartroerende produksie met ’n kragtige en kunsryke kombinasie van woordkuns, musiek en lewenservaring. Humor en emosie word haarfyn gebalanseer en neem die gehoor op ’n reis vol lag, trane, hoop en selfontdekking. Volgens Lidi is dit ’n “snaakse, sad, hopelose, hoopvolle woord-, kuns- en musiekreis na jou vredevolle self”. Die twee kunstenaars bied nie net vermaak nie, maar ook diep sielsinhoud en menslike insig in ’n formaat wat eg en treffend is. Vrou, vrouer, vrouste – maak die borstrok los en wees deel van hierdie viering van vrouwees, kreatiwiteit en menslikheid.