Hoort

MET Stephanie Baartman en Janine Neethling (klavier) TEKS Stephanie Baartman en Johann SlabbertREGIE Elzabé Zietsman VERVAARDIGER Drama Drama

R200 (vooraf) • R180 (Vriende van die KKNK) • R220 (by die deur)

Absa Studio (Banketsaal)

Afrikaans •

Gesin •

80 min.

DATUM(S)

1 April 2026, 10:00

2 April 2026, 16:30

4 April 2026, 20:00

’n Semi-outobiografiese kabaret wat jou laat lag, huil en met nuwe oë na jou eie storie laat kyk. Dit vertel die verhaal van Stephanie, die dogter van twee pastore, wat haar plek in die wêreld soek te midde van haar gemengde agtergrond en ons komplekse geskiedenis. Met humor, patos en ’n mengsel van koortjies, ghoema, jazz en oorspronklike Afrikaanse komposisies besef sy: Om in te pas is een ding, maar om te behoort, is iets heeltemal anders.

Wenner van die Woordtrofee vir uitsonderlike bydrae tot kontemporêre musiek: klein groepe by die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2025.