Omwentelinge, ’n papierspel

MET Jana Cilliers en Koos Kombuis TEKS, REGIE EN VERVAARDIGER Jana Cilliers MUSIEK Koos Kombuis PRODUKSIEBESTUURDER Anna Davel

Ondersteun deur die Het Jan Marais Nationale Fonds.

R195 (vooraf) • R175 (Vriende van die KKNK) • R215 (by die deur)

Absa Studio (Banketsaal)

Afrikaans en Engels •

Geen o. 10 OB •

60 min.

DATUM(S)

3 April 2026, 13:00

4 April 2026, 13:00

Die woord omwenteling is afkomstig van die Latynse circumvolvo wat beteken “kronkelende bewegings”. Binne hul afsonderlike spiraal-wêrelde oorweeg Cilliers en Kombuis wat om te skryf of wat om te lees. En waar begin mens om na iets luister? Hul eie realiteite kom deur woord en musiek na vore. Buitelyne in prosa, ingekleur deur Kombuis se unieke musikale uitdrukkings. Omwentelinge is ’n viering van die binneveld waar hul patrone en prosesse mekaar ontmoet. ’n Papierspel op note tussen twee kreatiewe swerwers.