Fees so voluit by die 30ste KKNK as

nie-Afrikaanssprekende

Klik op

regs bo om die hele webblad in Engels te lees.

As Afrikaans die vak was wat jy die minste geniet het op skool (net-net na Wiskunde, natuurlik), kan dit met die eerste oogopslag effens intimiderend voel om deur die KKNK se program te blaai en jou besoek aan die Klein Karoo te beplan. Moenie bekommerd wees nie. Of jy nou vlot Engels praat, ’n bietjie Afrikaans verstaan, of verkies om die kunste self te laat praat – die KKNK is saamgestel om deur almal geniet te word.

As ’n trots-Afrikaanse fees staan taal sentraal tot die KKNK – maar dit is geensins ’n struikelblok nie. Die 30ste fees bied ’n mengsel van Engelse teater, komedie en musiek, nie-verbale vertonings, visuele kunsuitstallings, film en interaktiewe ervarings wat spreek oor taalgrense heen.

Hierdie gids is jou kompas om te verseker jy fees voluit vir drie dekades se kunste in die Klein Karoo. Volg jou nuuskierigheid en moenie huiwer om te verken nie – van die beste oomblikke by die KKNK vind tussen die lyne plaas. 

Hierdie vinnige gids gaan jou help om: 
  • Engelse en veeltalig produksies maklik op die program uit te ken. 
  • Nie-verbale optredes waar beweging, musiek en beelde sentraal staan te ontdek. 
  • Maklik tussen feesvenues, uitstallings en buitelug-aktiwiteite te beweeg. 
  • Jou weg op Oudtshoorn te vind, van die teater tot etenstyd. 

Welkom by die 30ste KKNK. Geen vertaling nodig.

Hier onder is ‘n lys van Engelse produksies en kyk ook na die Feesmark-musiekverhoogprogram hier.

Comedy by Committie!

Alan Committie is terug by die KKNK met sy nuutste stand-up-materiaal en sy kenmerkende verbale gimnastiek, fisieke spottery en sy alombekende flipchart.

kykNET Hoërskool Oudtshoornsaal (Jan van Riebeeckweg)

30 Maart 2026, 19:30

31 Maart 2026, 19:30

Emotional Black Male

Emotional Black Male is ’n skreeusnaakse, hartroerende komedie soos bedink deur Uncool Tea, die sagmoedigste hardgebakte man wat jy ken. In hierdie uur van emosionele chaos (én helderheid) takel hy toksiese manlikheid, township-teerheid en terapie, met ’n mikrofoon in die een hand.

Netwerk24-feeskafee

1 April 2026, 18:00

2 April 2026, 20:00

3 April 2026, 18:00

4 April 2026, 16:00

Filled

Wanneer haar private afgryslikheid ’n publieke spektakel word, kom die werklikheid in opstand. Almal het iets te sê: Haar bestuurder, daardie vrou by joga, maar niemand luister werklik nie.

ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)

28 Maart 2026, 13:00

29 Maart 2026, 22:00

30 Maart 2026, 15:30

Kafka’s Ape

Kafka’s Ape is ’n meedoënlose, ontstellende belydenis van ’n voormalige aap wat uit sy hok ontsnap het deur te leer om “beskaafde” mense na te boots. Vasgevang in ’n pak en met foutlose taalgebruik, doen Red Peter verslag aan ’n akademie wat hom ontleed soos ’n proefkonyn, terwyl hulle terselfdertyd sy “vordering” toejuig.

Laerskool Wesbank-teater (Vredestraat)

1 April 2026, 09:30

3 April 2026, 13:30

4 April 2026, 09:30

Kurt Schoonraad: Funny Side Up

Na uiters suksesvolle optredes by die Baxter-teater in Kaapstad en Montecasino in Johannesburg, kan Oudtshoorn gereed maak vir ’n skaterlag-ervaring met een van Suid-Afrika se bekendste en invloedrykste komediante, Kurt Schoonraad.

kykNET Hoërskool Oudtshoornsaal (Jan van Riebeeckweg)

1 April 2026, 19:30

2 April 2026, 19:30

Messy

Soos Love Island, maar sonder die kontantprys, fokus Messy op Sam, ’n aanlyn sekswerker wat haar chaotiese verhouding met seks, liefde en intimiteit ondersoek.

ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)

28 Maart 2026, 22:00

29 Maart 2026, 09:00

4 April 2026, 20:00

Netphlix

Netphlix is ’n vinnige, hoogs energieke satire van aanlyn stroomreuse. Sophie Joans, bekroonde teatermaker en komediant, gebruik improvisasie, fisieke teater, komedie en sketse om lewe te gee aan al jou gunsteling- aanlyn reekse.

ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)

3 April 2026, 11:00

4 April 2026, 09:00

4 April 2026, 15:30

Play Things

Die opwindendste vertoonvenster vir nuwe werk. Play Things is Suid-Afrika se gunstelingruimte vir nuwe werk. Monoloë, sketse, towerkuns, komedie, teksvoorlesings, narrespel en meer.

ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)

31 Maart 2026, 20:00

1 April 2026, 20:00

2 April 2026, 20:00

3 April 2026, 22:00

4 April 2026, 22:00

Please, Don’t Call Me Moffie

Nadat hulle ’n aanlyn video van ’n brutale, homofobiese aanval in ’n onbekende Arabiese land gesien het wat wyd versprei is, reageer vyf jong, bruin mans daarop en deel hul ervarings van hoe dit was om queer groot te word en hoe hulle met godsdiens en hul identiteit geworstel het.

Laerskool Wesbank-teater (Vredestraat)

29 Maart 2026, 09:30

31 Maart 2026, 19:30

1 April 2026, 13:30

Police Cops: The Original

’n Wêreldklas-trefferkomedie – vir die heel eerste keer by die KKNK! Maak gereed vir ’n verregaande, oordadige ervaring wanneer die internasionaal hoog aangeskrewe, veelbekroonde Police Cops die verhoog in volle vaart tref. Die vooraanstaande Britse komiese trio herbesoek die treffer waar dit alles begin het – dit is tyd vir herlaai, maar groter en snaakser as ooit.

kykNET Hoërskool Oudtshoorn-saal (Jan van Riebeeckweg)

31 Maart 2026, 09:30

1 April 2026, 13:00

2 April 2026, 09:30

Raunchy Renditions

Raunchy Renditions is Suid-Afrika se eerste sekspositiewe storievertelplatform waarvan die gewildheid al hoe meer toeneem. Dit is geïnspireer deur podsendings soos The Moth en Bawdy Storytelling, met vyf dapper storievertellers wat hul innemend ongemaklike, skreeusnaakse en gewaagde seksuele (wan)avonture deel.

ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)

31 Maart 2026, 22:00

2 April 2026, 22:00

Rescue Remedy

Niemand het ’n gemaklike verhouding met hul pa nie. Rescue Remedy is ’n queer kind se skreeusnaakse, tragiese poging om hul kragdadige pa halfpad te ontmoet. Letterlik, op die N2.

ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)

31 Maart 2026, 11:00

1 April 2026, 15:30

2 April 2026, 17:30

The Fool’s Guide

Hierdie teaterstuk is geskep as ’n fisieke en performatiewe komiese besinning oor die raakpunte tussen kontemporêre tegnologie en Die Nar, Jan Alleman en Die Onskuldige.

Van Reede-skoolsaal (Hoogstraat)

29 Maart 2026, 10:00

31 Maart 2026, 10:00

2 April 2026, 18:30

3 April 2026, 10:00

The Ugly Noo Noo

In 1988 het Andrew Buckland, onder regie van sy vrou, Janet, ’n eenmanvertoning aangebied wat die landskap van Suid-Afrikaanse teater vir altyd verander het. The Ugly Noo Noo, geskryf en vertolk deur Andrew, vertel die verhaal van ’n man se ontmoeting met ’n insek.

Van Reede-skoolsaal (Hoogstraat)

28 Maart 2026, 18:00

30 Maart 2026, 18:30

1 April 2026, 17:00

4 April 2026, 18:30

Die produksies hier onder is nie-verbale teater. Besoek ook die visuele kunsuitstallings as deel van die feesprogram. 

Kattekwaad en Koekeloer

Dis heeltyd speeltyd in ’n wêreld van kattekwaad en koekeloer. Woeps en Waps is onwaarskynlike maats. Waps kruip weg in haar verbeeldingswêreld en Woeps is ʼn beterweterige babbelbekkie. Terg en pret om elke hoek en draai ontwikkel in ’n eindelose verbeeldingsreis vol speel, deel en verken.

Klein KKNK-teater

1 April 2026, 13:00

2 April 2026, 15:30

3 April 2026, 13:00

Trieng!

Die produksie is spesiaal vir babas (vanaf vier maande oud) en kleuters, geïnspireer deur jong kinders se verbeelding om enige tyd, enige plek en met enigiets te kan bel. Van kleins af is daar ’n diepgewortelde behoefte om te kommunikeer in ons ingeweef.

Klein KKNK-teater

31 Maart 2026, 10:30

4 April 2026, 10:30

Wings of Light: Dance of an Angel

Mauritz Lotz se nuwe musiekkomposisie vir ballet en kontemporêre dans het gehore vanjaar by die Suidoosterfees in verwondering gelaat. Die musiek, wat in 2020 gekomponeer is, kan beskryf word as ’n “hibriede” werk vir moderne kontemporêre instrumente, orkes en koor. 

Laerskool Wesbank-teater (Vredestraat)

30 Maart 2026, 09:30

31 Maart 2026, 13:30

Zip Zap Circus: MOYA

MOYA, geïnspireer deur die unieke Suid-Afrikaanse konteks, verken en vier die land se erfenis en kultuur in ’n akrobatiese vertoning wat soos ’n lewende skildery ontvou.

Absa Burgersentrum

28 Maart 2026, 11:00

29 Maart 2026, 11:00

Daar is verskeie geleenthede om die Klein Karoo te ervaar en te proe.

Akrasia

Dit is die eerste herdenking van Reuben se ma se dood. Hy bied ’n kunsuitstalling aan, getiteld Rou Moeder. ’n Huldeblyk, of eerder ’n finale totsiens, met sy ma as die middelpunt van alles.

ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)

29 Maart 2026, 15:30

30 Maart 2026, 20:00

31 Maart 2026, 17:30

Albert Frost en James Grace: Twee wêrelde, twee kitare, een verhoog

Die twee kitaarmeesters Albert Frost en James Grace deel vir die eerste keer die verhoog. Hierdie vertoning beloof om ’n onvergeetlike musiekervaring te wees.

Absa Burgersentrum

3 April 2026, 18:00

Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar: Tillie/Mathilda

Twee prostitute, een oud, een jonk en onervare. Dis Tillie se eerste nag. Mathilda, die ou prostituut, ontferm haar oor die weerlose meisie van die platteland. Die twee vroue se stories word die universele stem van vroue in alle situasies.

Absa Burgersentrum

30 Maart 2026, 11:00

31 Maart 2026, 11:00

Anna Davel en Ilse Klink in harmonie

Musiek kan die siel sus en ’n boodskap van hoop en herstel bring. Dit dring soms met sagte note en melodieë die dieptes van ons wese binne, of dit kan woorde wat te lank ongesê is laat opstaan en ’n stem wat stil was laat brul soos ’n leeu.

Absa Studio (Banketsaal)

30 Maart 2026, 10:00

31 Maart 2026, 13:00

Anna Davel en The Melisizwe Plaatjie Collective

Maak gereed om meegevoer te word deur hierdie samewerking tussen twee van Suid-Afrika se betowerendste musikale talente – ’n onvergeetlike jazzkonsert wat die ryk tapisserie van plaaslike én wêreldmusiek vier.

Absa Studio (Banketsaal)

2 April 2026, 20:00

3 April 2026, 10:00

Charl du Plessis Trio: 20 jaar

Die Charl du Plessis Trio vier 20 jaar op die verhoog met ’n verbysterende versameling crossover-musiek – van Barok tot blues en boogie.

Absa Burgersentrum

2 April 2026, 14:30

Destiny Twice Over. And the Fate of a Half-eaten Sandwich.

Vyf misleide studente stry in hierdie absurde intervensie oor ’n heilige voorwerp wat sentraal tot hul onsamehangende realiteit staan.

ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)

2 April 2026, 11:00

3 April 2026, 15:30

4 April 2026, 17:30

Die ‘Real Housewife’

Die kykerspubliek het vasgenael gesit toe die TV-program uitgesaai is. Meeste mense kon nie glo wat hulle sien nie. Nog steeds, wêreldwyd, word reekse van The Real Housewives uitgesaai.

kykNET Hoërskool Oudtshoorn-saal (Jan van Riebeeckweg)

28 Maart 2026, 11:00

29 Maart 2026, 19:30

30 Maart 2026, 13:00

Die kronieke van Buks

In hierdie komisese kabaret blaf Buks koning in die stofstrate van Paul Roux. ’n Klein wit chihuahua wat dink hy is so groot soos ’n renoster. Buks trip-trap van huis tot huis, hoor die skinder, hoor die geheime.

Absa Studio (Banketsaal)

2 April 2026, 13:30

3 April 2026, 16:30

4 April 2026, 10:00

Die siel van Eugène Marais

’n Dramatiese reis deur die innerlike wêreld van een van Suid-Afrika se mees komplekse en tragiese literêre figure. Hierdie kabaret speel af teen die agtergrond van ’n onstuimige tydperk in die Afrikaner- en Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Laerskool Wesbank-teater (Vredestraat)

28 Maart 2026, 19:30

29 Maart 2026, 16:30

30 Maart 2026, 12:30

Kaktus

Kaktus is terug! Dié musiekkonsert is sedert die ontstaan van die KKNK ’n hoogtepunt vir baie feesgangers, waar verskeie musiekgenres bymekaarkom.

Feesmark-verhoog

2 April 2026, 17:00

Karoo Pops

Karoo Pops is ’n voluit klankervaring onder leiding van maestro Richard Cock en ’n simfonieorkes. Geniet ’n aand met ’n program propvol onvergeetlike oomblikke op die verhoog onder die Klein Karoo-sterreprag.

Feesmark-verhoog

29 Maart 2026, 20:00

Omwentelinge, ’n papierspel

Die woord omwenteling is afkomstig van die Latynse circumvolvo wat beteken “kronkelende bewegings of patrone”. Binne hul afsonderlike spiraal-wêrelde oorweeg Cilliers en Kombuis wat om te skryf of wat om te lees.

Absa Studio (Banketsaal)

3 April 2026, 13:00

4 April 2026, 13:00

Opera Blocks: Under the Sea

Kaapstad Opera se betowerende Opera Blocks is ideaal om peuters en jong kinders bekend te stel aan die wêreld van opera en klassieke musiek.

Klein KKNK-teater

1 April 2026, 10:30

2 April 2026, 10:30

3 April 2026, 10:30

Pas

Pas is ’n atmosferiese stuk wat afspeel teen die harde werklikhede van die apartheid-era in Suid-Afrika. Die drama volg vir Johanna, ’n jong vrou wat gedwing word om skielik te vlug, en Beverly, die ouer kollega wat onverwags haar gids word, deur ’n wêreld gevorm deur mag, vrees en onuitgesproke geskiedenisse.

ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)

28 Maart 2026, 17:30

29 Maart 2026, 11:00

Rondomtalie / Marry-go-round

Raak vir 70 minute ’n voyeur as jy inloer by die derde van ses terapiesessies van ’n paartjie wat hul huwelik van 12 jaar probeer red. Olivia het vir Alan op heterdaad op die kombuistafel met ’n ander vrou betrap. En sy is soos ’n vasgehaakte plaat wat hom in geen onseker terme en “kleurvolle” taal ’n oomblik daarvan laat vergeet nie.

Van Reede-skoolsaal (Hoogstraat)

28 Maart 2026, 10:00

29 Maart 2026, 18:30

30 Maart 2026, 14:30

Sade in Hollandse kombuise

Susan, ’n jong Suid-Afrikaner wat in ’n Afrikaanse huis gebore is maar net Engels praat, gaan op ’n soektog na haarself. Is sy ’n “Boeremeisie”? Nie as sy dit kan verhoed nie. Maar wat is sy dan? Watter sade groei in haar en watter dele van Afrikaans het wortelgeskiet?

ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)

30 Maart 2026, 11:00

31 Maart 2026, 15:30

1 April 2026, 17:30

Skandalig

Fees voluit tot laatnag by Skandalig. Verwag hope musiekverrassings en lekker kuier, die perfekte manier om jou feesdag af te sluit (of te begin).

Netwerk24-feeskafee

28 Maart 2026, 22:00

29 Maart 2026, 22:00

30 Maart 2026, 22:00

31 Maart 2026, 22:00

1 April 2026, 22:00

2 April 2026, 22:00

3 April 2026, 22:00

4 April 2026, 22:00

Skoenlapperhart / Serurubele

Mosa en Neo is beste maats wat mal daaroor is om saam kgati (touspring) te speel. Wanneer een van hulle skielik nie meer daar is nie, bly die ander een agter met gevoelens van hartseer, verwarring en onsekerheid oor hoe om sonder haar vriendin aan te gaan.

Klein KKNK-teater

28 Maart 2026, 15:30

29 Maart 2026, 13:00

30 Maart 2026, 10:30

Spoel

Uit die ryk fotografiese versamelings en gemeenskapsargiewe wat deur 2025 se fotografiese navorsing gevorm is, ontvou Spoel uit beelde wat dekades lank stilweg ’n dorp se geheue gedra het. In die skeppingsruimte word hierdie foto’s merkers – uitnodigings aan die ensemble om die lig, skadu, gebare en stories wat tussenin sweef te volg.

Laerskool Wesbank-teater (Vredestraat)

28 Maart 2026, 09:30

29 Maart 2026, 19:30

31 Maart 2026, 09:30

2 April 2026, 20:00

3 April 2026, 10:00

4 April 2026, 19:30

The Reservation

Jy word vanjaar uitgenooi om jou plek aan die tafel in te neem vir The Reservation – ’n gewaagde, meesleurende dansteaterproduksie wat ’n spieël vir ons sosiale gewoontes en begeertes voorhou. Hierdie gesinsvriendelike opvoering gaan beslis jou eetlus prikkel.

Gimsaal (Scheepersstraat)

31 Maart 2026, 09:30

1 April 2026, 14:00

2 April 2026, 09:30

The Scullery Quintet: Stir-Fried Sonatas

Maak gereed om jou musikale sintuie te prikkel met The Scullery Quintet se genotvolle vertoning van hul veelbekroonde Stir-fried Sonatas. Dit is beslis nie ’n gewone klassieke konsert nie – dis ’n aanloklike mengsel van klassieke crossover-, jazz- en populêre musiek, wat beloof om jou ore te streel én jou waardering vir die buitengewone te prikkel.

Die Windpomp (Cowleylaan)

1 April 2026, 20:00

2 April 2026, 10:00

3 April 2026, 16:30

Voluit Openingskonsert

Vier saam met ons drie dekades van die kunste, kultuur en onvergeetlike oomblikke by die KKNK met die Voluit Openingskonsert – ’n skouspelagtige huldeblyk aan 30 jaar van die KKNK op Oudtshoorn en die perfekte afskop vir dié fees!

Feesmark-verhoog

28 Maart 2026, 20:00

With/Draw

Mense kom en mense gaan, maar familie is vir ewig ... reg? Twee susters verlustig hulle in die vreugdes van hul verhouding, bou aan die band tussen hulle en skep saam herinneringe.

ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)

1 April 2026, 13:00

3 April 2026, 17:30

4 April 2026, 11:00