DEBUUT

Trieng!

MET Schoemé Steenkamp REGIE Schoemé Steenkamp MUSIEK Gertjie Gert Besselsen VERVAARDIGER PuppeTrix

Ingesluit by jou Feesmark-kaartjie

Klein KKNK-teater

Nieverbaal •

Gesin (4 maande tot 5 jaar) •

35 min.

DATUM(S)

31 Maart 2026, 10:30

4 April 2026, 10:30

Trieng-trieng! Hallo? Praat jy oor jou slimfoon? Of oor ’n skoen? Dit maak nie saak nie. Bel as jy verlang, dit is tog dieselfde sterre wat bo ons almal hang. Trieng! is ’n ode aan die landlyn, maar ook ’n storie van verbintenis. Die produksie is spesiaal vir babas (vanaf vier maande oud) en kleuters, geïnspireer deur jong kinders se verbeelding om enige tyd, enige plek en met enigiets te kan bel. Van kleins af is daar ’n diepgewortelde behoefte om te kommunikeer in ons ingeweef. Die teater is die ideale plek, vir enige ouderdom, om dit verder te verken.