Comedy by Committie!

MET Alan Committie TEKS EN VERVAARDIGER Alan Committie REGIE Christopher Weare

R220 (vooraf) • R190 (Vriende van die KKNK) • R250 (by die deur)

kykNET Hoërskool Oudtshoornsaal (Jan van Riebeeckweg)

Engels en Afrikaans •

Geen o. 10 OB •

70 min.

DATUM(S)

30 Maart 2026, 19:30

31 Maart 2026, 19:30

Alan Committie is terug by die KKNK met sy nuutste stand-up-materiaal en sy kenmerkende verbale gimnastiek, fisieke spottery en sy alombekende flipchart. Met 28 jaar se solo-stand-up-ervaring en met dié dat hy onlangs in die Comics’ Choice Hall of Fame (2024) opgeneem, is hierdie ’n vertoning wat jy nie mag misloop nie! Hy delf in alles: van troues en begrafnisse tot boekklubs, aksieflieks en die gevare om oorsee te reis.