DEBUUT

Kattekwaad en Koekeloer

MET Mia Groenewald en Ané Lourens TEKS Mia Groenewald, Ané Lourens en Estelle Olivier REGIE EN CHOREOGRAFIE Estelle Olivier VERHOOGBESTUURDER Jana du Pisani 

Ondersteun deur die Universiteit Stellenbosch-dramadepartement.

Ingesluit by jou Feesmark-kaartjie

Klein KKNK-teater

Brabbeltaal•

Gesin (5 tot 9 jaar) •

30 min.

DATUM(S)

1 April 2026, 13:00

2 April 2026, 15:30

3 April 2026, 13:00

Dis heeltyd speeltyd in ’n wêreld van kattekwaad en koekeloer. Woeps en Waps is onwaarskynlike maats. Waps kruip weg in haar verbeeldingswêreld en Woeps is ʼn beterweterige babbelbekkie. Terg en pret om elke hoek en draai ontwikkel in ’n eindelose verbeeldingsreis vol speel, deel en verken. Met brabbeltaal, koddige gebare en dans, herinner hierdie bewegingsteaterstuk ons aan die kosbare hart van ’n kind. Oud en jonk se voete gaan jeuk om saam met Woeps en Waps te baljaar in hul wêreld van kattekwaad en koekeloer!