Sade in Hollandse kombuise

MET Christine van Hees TEKS Christine van Hees REGIE Campbell Meas VERVAARDIGER Spark in the Dark

Ondersteun deur die Wes-Kaapse regering.

R100 (vooraf) • R90 (Vriende van die KKNK) • R110 (by die deur)

ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)

Afrikaans en Engels •

Gesin OB, V•

70 min.

DATUM(S)

30 Maart 2026, 11:00

31 Maart 2026, 15:30

1 April 2026, 17:30

Susan, ’n jong Suid-Afrikaner wat in ’n Afrikaanse huis gebore is, maar net Engels praat, gaan op ’n soektog na haarself. Is sy ’n “Boeremeisie”? Nie as sy dit kan help nie. Maar wat is sy dan? Watter sade groei in haar en watter dele van Afrikaans het wortelgeskiet? In hierdie eenvrouvertoning probeer Susan opdiep wie sy is en waar sy hoort, te midde van die sade en onkruid van haar Afrikaanse erfenis en besmette geskiedenis. Sy vind vertroosting én konfrontasie in familie, idees en ideologieë. Volg haar soos sy die grond omdolwe in haar soeke na haar eie behoort in die Afrikaanse smeltkroes.

Wenner van ’n Standard Bank Ovation-prys by die Nasionale Kunstefees in 2020.