Vyf misleide studente stry in hierdie absurde intervensie oor ’n heilige voorwerp wat sentraal tot hul onsamehangende realiteit staan. Nadat dit in die kloue van Eggo beland, moet ’n besluit tussen selfvoldaanheid, of om die huishouding in chaos te dompel, gemaak word. Is vryheid totaal buite bereik, of kan hul lot dalk verander word deur die krag van ’n halfgeëte toebroodjie?