Rescue Remedy

MET Roland du Preez TEKS Roland du Preez REGIE Tailyn Ramsamy VERVAARDIGER Remedy Productions

Ondersteun deur die Wes-Kaapse regering.

R100 (vooraf) • R90 (Vriende van die KKNK) • R110 (by die deur)

ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)

Afrikaans en Engels •

Geen o. 10 T •

55 min.

DATUM(S)

31 Maart 2026, 11:00

1 April 2026, 15:30

2 April 2026, 17:30

Niemand het ’n gemaklike verhouding met hul pa nie. Rescue Remedy is ’n queer kind se skreeusnaakse, tragiese poging om hul kragdadige pa halfpad te ontmoet. Letterlik, op die N2. Met hoogtepunte uit ’n plofbare verhouding wat ter sprake kom, word die liefde, misverstande en woede tussen ’n pa en kind blootgelê, wat alles terugskouend ook snaaks is. Rescue Remedy belig die wêreld van queer mense in die Suid-Afrika van vandag, ’n soldaat se trauma en kwessies van geestesgesondheid. Kan pa en kind hul ego’s opsy skuif? Dalk is daar hoop. Liefde is rede genoeg om aan te hou praat.