Klimaatsverandering: Sal die Klein Karoo oorleef?

MET Kabous Meiring in gesprek met onder andere prof. Peter Johnston (toonaangewende klimaatwetenskaplike), Laubscher Coetzee (Oudtshoorn-volstruisboer en voorsitter van Agri Wes-Kaap se beleidskomitee oor natuurlike hulpbronne en voorsitter van Agri SA se natuurlikehulpbronnesentrum van uitnemendheid)

Ondersteun deur die Wes-Kaapse regering.

Ingesluit by jou Feesmark-kaartjie

Absa Kuierkamer

Afrikaans en Engels•

Gesin•

60 min.

DATUM(S)

30 Maart 2026, 11:00

Alarmis? Beslis nie. Die vorige droogte in die Klein Karoo was niks minder as apokalipties nie: Fonteine wat geslagte lank standhoudend was, het opgedroog, damme het leeggeloop en volledige boorde is uitgekap. Sonder water word boerdery – en die lewe self – onmoontlik. ’n Volgende droogte gaan kom, en die dringende vraag is hoe goed hierdie brose streek voorberei is om nie net te oorleef nie, maar ook te floreer. Hierdie gesprek ondersoek die wetenskaplike feite agter hierdie uitdagings, die strategieë wat boere aanwend om strawwer toestande te trotseer, en hoe die regering en finansiële instellings die Klein Karoo in tye van groot nood kan ondersteun.