Niefiksie: Geskiedenis
In Migdol was daar nog nooit ’n klaviershow nie. Ook nie op Baardskeerdersbos nie. Of op Zastron of Vrede nie. Ook nie op Op-die-Berg nie. Totdat Rocco de Villiers ’n konsert soontoe geneem het. Sy duisende besoeke aan dorpe in Suid-Afrika het hom geleer dat elke gehoorlid ’n verhaal het. En elkeen se verhaal het waarde. Ons dink so maklik geskiedenis word net deur bekendes geskryf, sê hy. Maar stories, grappe en kwinkslae word van die een generasie na die ander oorgedra deur gewone mense … húlle skryf die ware geskiedenis van ’n kultuur. Klawer is nie net ’n dokument en argiefstuk van sy besoeke aan dorpe nie, maar ook ’n geskenk en dankie aan dié gemeenskappe en mense wat hom al dekades lank ’n loopbaan, ’n platform en verhoog gee om sy musiek te maak en met hulle te deel.