Sal Afrikaans nog die skoolbus haal of is die taal eerder finaal ’n skoolverlater?

MET dr. Jaco Deacon (uitvoerende hoof van Fedsas), prof. Marné Pienaar (hoogleraar in taalkunde, UJ) en Pieter Rademeyer (hoof van Hoërskool Jan van Riebeeck) GESPREKSLEIER Kabous Meiring

AANGEBIED DEUR Netwerk24 en Die Burger

Gratis

Netwerk24-feeskafee

Afrikaans •

Gesin •

60 min.

DATUM(S)

31 Maart 2026, 09:00

Afrikaans haal kort-kort die nuus. In die noorde oor skolewetgewing, in die suide oor die omstredenheid oor Standaardafrikaans en streekstale. Help hierdie debatte om die taal te onderhou of te laat floreer? Moedertaalonderrig bly onontbeerlik, dit weet ons. Maar waar staan Afrikaans in die politieke landskap? En sal dit ooit ’n merk op die internasionale mark maak?