Die opwinding en uitdagings van plekspesifieke teater

MET onder andere Nicola Hanekom, Tobie Cronjé, Annelisa Weiland, Brendon Daniels, Marlo Minnaar, Gretha Brazelle, Alyssa Dionne en Grant Swanby

Ondersteun deur die Wes-Kaapse regering.

Gratis

kykNET-leefarea

Afrikaans •

Gesin•

60 min.

DATUM(S)

3 April 2026, 12:30

Nicola Hanekom en die geselskap van haar nuwe plekspesifieke drama, Die gebed van ’n halfmens, gesels oor die uitdagings van plekspesifieke teater, maar waarom ’n nietradisionele ruimte vir teater ingespan word. Hulle gesels oor die toekoms en wat KI en tegnologie op ons as mense kan hê. Nicola kyk ook terug na al die vorige ikoniese plekspesifieke produksies wat sy oor die afgelope dekades by die KKNK aangebied het.