Popsielkunde en geestesgesondheid

MET Luricka Fick (sielkundige) en Danie Marais (digter en joernalis) GESPREKSLEIER Kabous Meiring

AANGEBIED DEUR Netwerk24 en Die Burger

Gratis

Netwerk24-feeskafee

Afrikaans •

Gesin •

60 min.

DATUM(S)

3 April 2026, 09:00

Om dagboek te hou is deesdae vreeslik in die mode. Dit help blykbaar die psigiese bedrading. Skryf vir terapie is so oud soos die berge. Waarom dan nou maak asof Chat of Claude baanbrekers op dié gebied is? En dan is daar die kwessie van elke tweede Jan Rap wat terapieraad op TikTok uitdeel. Daar is sekerlik voordele hieraan – maar tog ook nadele. Hoe maak ’n mens sin hiervan?