Munisipale dienslewering – of eerder diensontbering?

MET onder andere minister Anton Bredell (minister van plaaslike regering) en Petrus van Eeden (besproeiingsboer van Harrismith en medestigter van Water Heroes) GESPREKSLEIER Kabous Meiring

AANGEBIED DEUR Netwerk24 en Die Burger

Gratis

Netwerk24-feeskafee

Afrikaans •

Gesin •

60 min.

DATUM(S)

29 Maart 2026, 08:30

Die woord “munisipaliteit” is vir baie sinoniem met ’n moedelose gesug. Wat baat dit inwoners maak slaggate reg en die munisipale swembad word herstel … as die oudits steeds nie skoon is nie? Waar lê die éintlike probleme, en kan tussenverkiesings regtig ’n verskil maak as die kandidate verbeeldinglose selfverrykers bly? En wie moet hierdie kandidate dan eerder wees?