Die avonture van Helga Roets

MET Riaan Grobler (skrywer) en François Bloemhof (gespreksleier)

Aangebied deur Human & Rousseau.

Gratis

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Afrikaans •

Gesin •

45 min.

DATUM(S)

1 April 2026, 14:30

Fiksie

Helga Roets is dalk aan die verkeerde kant van 80, maar jy kan haar steeds deur ’n ring trek, elke dag van die week. Sy woon nou al amper vyf jaar in die Silwerhare-aftreeoord in Pretoria, en hoewel die aanpassing swaar was, voel sy deesdae tuis in haar blyplekkie. Sy het darem nog haar motortjie waarmee sy gereeld winkel toe ry. Soms besoek sy vriendinne of gaan sit by ’n koffiewinkel om die mense om haar te bekyk. Dit kom dus as ’n groot skok wanneer die oogarts makulêre degenerasie in albei haar oë diagnoseer. Ten spyte van haar kinders se teenkanting, glip Helga Dinsdag suutjies uit by die aftreeoord, bagasie gepak, reg om haar reisavontuur te begin. Maar wie wag onder die lamppaal? Niemand anders nie as Stefaans de Wet, so ewe van plan om haar op haar tog te vergesel – net omdat sy nie mooi kan sién nie.