Transformasie én prestasie

MET onder andere Stephen Nell (Netwerk24-sportjoernalis) GESPREKSLEIER Kabous Meiring

AANGEBIED DEUR Netwerk24 en Die Burger

Gratis

Netwerk24-feeskafee

Afrikaans •

Gesin •

60 min.

DATUM(S)

4 April 2026, 09:00

Wanneer daar van sport en transformasie gepraat word in dieselfde asem, kry party mense sommer sooibrand. Kan ons nie maar aanbeweeg nie? Die vraag bly egter: Hoe kry ’n mens ’n rugbyspan van wêreldklasgehalte ten spyte van ’n geskiedenis wat allesbehalwe regverdig was? Hóé het Rassie Erasmus, Springbok-hoofafrigter, dit reggekry om ’n span met só ’n vlak van gelykheid en broederskap op die wêreldverhoog te laat seëvier, tot so ’n mate dat ons dalk-dalk al kan sê ons is al aan die ander kant van divers, en nader aan werklike Suid-Afrikanerskap? En kan ons Rassie se strategie ook in ander sfere toepas?