SAAMGESTEL DEUR Spark in the Dark Productions

Van die varsste stemme in Suid-Afrika se vermaaklikheidsbedryf!

Vonkprop is die hartklop van kraakvars teater by die KKNK. ’n Rimpelfees-venue toegewy aan van Suid-Afrika se opwindendste opkomende talent – alles op een plek, bruisend met energie. Die program is saamgestel deur Spark in the Dark, ’n kollektief van jong teatermakers van uiteenlopende dissiplines. Vonkprop is waar uitdagende idees, nuwe stemme en vreeslose optredes op een verhoog byeenkom. ’n Platform wat geleenthede vir jong kunstenaars bied en wat beloof om talle verrassings op te lewer. Vonkprop is die plek om te wees as jy een van die eerstes wil wees om te sien wat die toekoms vir Suid-Afrikaanse teater inhou. Kom vroeg en kry jou dosis inspirasie.

Ondersteun deur die Wes-Kaapse regering.

ATKV-Griesselsaal28 Maart tot 4 April 

Akrasia

Dit is die eerste herdenking van Reuben se ma se dood. Hy bied ’n kunsuitstalling aan, getiteld Rou Moeder. ’n Huldeblyk, of eerder ’n finale totsiens, met sy ma as die middelpunt van alles.

Read More »

Beste van alle tye

’n Satiriese blik op Afrikaner-wees in die 21ste eeu. Die stuk ontleed die politiese, maatskaplike, kulturele en absurde landskappe waarin Afrikaners/“Afrikaners”/Afrikaans-sprekendes hulself bevind en uitleef.

Read More »

Filled

Wanneer haar private afgryslikheid ’n publieke spektakel word, kom die werklikheid in opstand. Almal het iets te sê: Haar bestuurder, daardie vrou by joga, maar niemand luister werklik nie.

Read More »

Ganga Nyoko! Inzima Nyoko!

Twee jare lange vriende besluit om ná sewe jaar waarin hulle mekaar nie gesien het nie weer te ontmoet. Tydens hierdie herontmoeting word die verskille tussen die twee al hoe duideliker en geheime wat lank bewaar is, kom na vore.

Read More »

Granaatsap

Ná haar heilige droom word Ouma ’n selfaangestelde profeet. En haar huis word haar tabernakel. Daar waar die Onse Vader talm en oorlede Albertus lê, groei die heilige granaatboom – bewyse van Ouma se offerande.

Read More »

Kenan ennie Klopse

’n Storie oor belonging. Kenan sit vas tussen wat sy mense sê hy móét wies en wat sy drome vir hom fluister assit stil raak. Gevang tussen sy eie drome ennie shadow van sy oupa se legacy.

Read More »

Messy

Soos Love Island, maar sonder die kontantprys, fokus Messy op Sam, ’n aanlyn sekswerker wat haar chaotiese verhouding met seks, liefde en intimiteit ondersoek.

Read More »

Netphlix

Netphlix is ’n vinnige, hoogs energieke satire van aanlyn stroomreuse. Sophie Joans, bekroonde teatermaker en komediant, gebruik improvisasie, fisieke teater, komedie en sketse om lewe te gee aan al jou gunsteling- aanlyn reekse.

Read More »

Pas

Pas is ’n atmosferiese stuk wat afspeel teen die harde werklikhede van die apartheid-era in Suid-Afrika. Die drama volg vir Johanna, ’n jong vrou wat gedwing word om skielik te vlug, en Beverly, die ouer kollega wat onverwags haar gids word, deur ’n wêreld gevorm deur mag, vrees en onuitgesproke geskiedenisse.

Read More »

Play Things

Die opwindendste vertoonvenster vir nuwe werk. Play Things is Suid-Afrika se gunstelingruimte vir nuwe werk. Monoloë, sketse, towerkuns, komedie, teksvoorlesings, narrespel en meer.

Read More »

Raunchy Renditions

Raunchy Renditions is Suid-Afrika se eerste sekspositiewe storievertelplatform waarvan die gewildheid al hoe meer toeneem. Dit is geïnspireer deur podsendings soos The Moth en Bawdy Storytelling, met vyf dapper storievertellers wat hul innemend ongemaklike, skreeusnaakse en gewaagde seksuele (wan)avonture deel.

Read More »

Rescue Remedy

Niemand het ’n gemaklike verhouding met hul pa nie. Rescue Remedy is ’n queer kind se skreeusnaakse, tragiese poging om hul kragdadige pa halfpad te ontmoet. Letterlik, op die N2.

Read More »

Sade in Hollandse kombuise

Susan, ’n jong Suid-Afrikaner wat in ’n Afrikaanse huis gebore is maar net Engels praat, gaan op ’n soektog na haarself. Is sy ’n “Boeremeisie”? Nie as sy dit kan verhoed nie. Maar wat is sy dan? Watter sade groei in haar en watter dele van Afrikaans het wortelgeskiet?

Read More »

With/Draw

Mense kom en mense gaan, maar familie is vir ewig … reg? Twee susters verlustig hulle in die vreugdes van hul verhouding, bou aan die band tussen hulle en skep saam herinneringe.

Read More »