Op die derde verdieping van die Koekmuseum sit Markus met ’n sigaret in die hand. Hy is pas van sy angsmedikasie af en verwerk die afgelope drie jaar van sy universiteitsloopbaan met die hulp van ’n brandblusser. Hierdie produksie belig temas van identiteit, verlies, liefde en aanvaarding. Dit ontbloot die flitsbeelde van Markus se bestaan, die niks-en-niemands wat hy langs die pad ontmoet het en dít wat nog van hom oor is.