Praatland

MET Alet Swarts, Anton Karstel, Benjamin Coutouvidis, Brahm van Zyl, Catherine Ocholla, Cobus van Bosch, Desmond Mnyila, Diane McLean, Diane Johnson-Ackerman, Erika van Zyl, Estelle Marais, Heidi Botha, Hermann Niebuhr, Jacobus Kloppers, Johann Louw, Johan Coetzee, John Kramer, Juria le Roux, Luan Nel, Lisl Barry, Mpho Machate, Nhlanhla Nhlapo, Merle de Jager, Susan Grundlingh, Sue Hoppe, Robyn Pretorius en Willie Bester

Gratis

Raadsaal

DATUM(S)

28 Maart 2026, 09:00

29 Maart 2026, 09:00

30 Maart 2026, 09:00

31 Maart 2026, 09:00

1 April 2026, 09:00

2 April 2026, 09:00

3 April 2026, 09:00

4 April 2026, 09:00

In gesprek met ’n swygende landskap.

Kurators Juria le Roux en Brahm van Zyl nooi gesoute landskapskilders om in gesprek te tree met die Karoo. Die visuele word gebruik as taal … is taal.

Hierdie landskap staan juis bekend vir sy stilte – die uitdaging is dus om die enigmatiese toeganklik te maak en te ontsluit. Die kunstenaar is regstreeks in gesprek met die landskap en tree op as visuele tolk vir die kyker.

Elke kunstenaar beskik oor sy of haar eie unieke visuele taal, elke skildery ontbloot ’n gedeelte van ’n groter gesprek. ’n Intieme en persoonlike waarneming tussen die kunstenaar en die landskap word gedeel met die kyker en só ontstaan daar ’n uitnodiging om aan die gesprek deel te neem, om die landskap te verstaan en te geniet deur die vertolking of vertelling van ander. Om dieper te delf, om die “gees” van die grond beter te begryp.

“The longer I sat, the more I noticed; the white lichen encrusting my boulder, a beetle negotiating a crack in the rock, a tiny pink flower nodding in the wind. The pulse of blood in my ears.” – Justin Fox, Place