Rond en bont: Wolk 2026

MET Elgin Rust, Jane Appleby en Sage Botanicas

Gratis

Voor die Absa Burgersentrum

DATUM(S)

28 Maart 2026, 09:00

29 Maart 2026, 09:00

30 Maart 2026, 09:00

31 Maart 2026, 09:00

1 April 2026, 09:00

2 April 2026, 09:00

3 April 2026, 09:00

4 April 2026, 09:00

Wolk is ’n reisende installasie wat oorspronklik geskep is vir die Spier Ligfees en nou te sien is in die wolklose Karoo. Hierdie innoverende kunswerk hergebruik plastiek-waterbottels in ’n interaktiewe beeldhouwerk.

Die installasie bestaan uit vier LED-ligbande, ’n klankstelsel, rekenaarbeheerders en radiofrekwensie-sensors wat dinamies reageer op toeskouers binne ’n bepaalde radius vanaf die wolk. Dit skep ’n sin van teenwoordigheid wat die toeskouer aantrek, terwyl die presiese dinamika daarvan mens prikkelend ontwyk.

Wolk se omgewingsboodskap is een oor plastiekbesoedeling. Dis ’n wekroep om ons waterbronne te bewaar. Deur weggegooide waterbottels in te span as die hoofmateriaal, verwys die kunswerk na die wêreldwye krisis om toegang tot skoon water, sowel as na die potensiaal om rommel te herwin en te vernuwe.

Creative Vision is ’n samewerking tussen Elgin Rust, Jane Appleby en Sage Botanicas. Hulle daag die toeskouer uit om ’n meer volhoubare toekoms voor te stel.

Die projek is ’n toonbeeld van hoe tegnologie en kreatiwiteit saamgevoeg kan word om omgewingskwessies te takel.