LV/xi

DEUR Léon D Snyman

Gratis

Prince Vintcent-gebou

DATUM(S)

28 Maart 2026, 09:00

29 Maart 2026, 09:00

30 Maart 2026, 09:00

31 Maart 2026, 09:00

1 April 2026, 09:00

2 April 2026, 09:00

3 April 2026, 09:00

4 April 2026, 09:00

’n Klankinstallasie met talle luidsprekers, digitale stemme en elektronika. Hierdie projek bestaan uit twee afsonderlike dele: Die omvattende klankinstrument wat geskep word en die ouditiewe werk self waarby ’n diepgaande element gevoeg word weens die omringende klank wat ’n mens omvou.

Die teks is ’n vertaling in die 11 amptelike hoorbare Suid-Afrikaanse tale van ’n kort uittreksel uit die Latynse gedig “Metamorphoses” deur Publius Ovidius Naso. Die uittreksel is uit boek 15, reëls 199 tot 213 van die gedig en vergelyk die vier seisoene met die stadiums van die menslike lewensduur.

Die klank bestaan in totaal uit 66 afsonderlike strome, wat elk na ’n enkele luidspreker gelei word. Nie al 66 luidsprekers is egter regdeur die werk aktief nie.

Die werk is ’n viering van die diversiteit en kulturele rykdom van die mensdom, soos vergestalt deur die Suid-Afrikaanse tale. Te veel stemme probeer mense uitmekaar dryf – ons vier nie meer ons krag deur diversiteit in die land nie – indien nie die wêreld nie. En tog … diversiteit is wat spesies, kulture, stelsels toelaat om te oorleef, aan te pas en te floreer: Die werk is ’n viering van diversiteit.

Bykomend ondersoek dit ook die konsep van ontwrigting: Die kanse (die aleatoriese speel ook ’n rol in die proses) is goed dat byna alle luisteraars nie vertroud met al die tale is nie, of die teks wat gebruik word nie – en die beperkings van die digitale stemme (gekoppel aan die gebruik van hul uitgebreide vokale omvang) ontwrig selfs die tale waarmee die luisteraar vertroud sou kon wees.