Mite-masjien

DEUR Kobus la Grange 

Gratis

Presbiteriaanse Kerk

DATUM(S)

28 Maart 2026, 09:00

29 Maart 2026, 09:00

30 Maart 2026, 09:00

31 Maart 2026, 09:00

1 April 2026, 09:00

2 April 2026, 09:00

3 April 2026, 09:00

4 April 2026, 09:00

Hoe val die lig op dit waarna ons kyk en waar lê die skaduwees? Waar bevind ons ons in die realiteit? Waar begin ons wanneer ons probeer om die wêreld te verstaan?

Hoe vorm ons persepsies van realiteit, wat ons dan inspan om sin te maak van die aard van realiteit, ook deur mites en subjektiewe bespiegeling? Op watter stories val die kollig en waarom moet ander alleenlik in die skemer of donkerte bestaan?

Met dié vrae as beweegrede, pak Kobus la Grange die maak van Mite-masjien aan. Hy verplaas die allegorie van Plato se grot vanuit ’n stowwerige argief na ’n voorstedelike motorhuis. Gekerfde houtfigure, eenvoudige meganika en ’n projektor as ligbron, skep ’n skaduspel op doek, plafon en muur.

Siklusse van aankoms, opmars en vertrek speel uit soos die skadu’s krimp en swel – as weerspieëling van die natuur en geskiedenis, ’n refrein van ewige verandering teen die agtergrond van kosmiese tyd.

Die werk nooi die kyker uit om kortliks deel te wees van ’n veelvlakkige ondervinding waar elkeen aan hul eie verhaal vorm kan gee, deur hul skadu te laat val. ’n Kans om hul eie mites te kan teëkom, of om self te transformeer terwyl hulle wandel deur die Mite-masjien.