Gratis

Prince Vintcent-gebou

DATUM(S)

28 Maart 2026, 09:00

29 Maart 2026, 09:00

30 Maart 2026, 09:00

31 Maart 2026, 09:00

1 April 2026, 09:00

2 April 2026, 09:00

3 April 2026, 09:00

4 April 2026, 09:00

’n Visuele gesprek tussen die Suid-Afrikaanse skilder Wonder Marthinus en die vrouekunstenaars Cendres Delort (Frankryk) en Sonia Martins Mateus (Frankryk en Portugal).

Die uitstalling ondersoek verskeie aspekte oor die begrip van landskap as ’n fisieke teenwoordigheid, die argitektoniese elemente teenwoordig in ’n bepaalde landskap en die onderliggende strukture van die menslike liggaam as landskap. Die uitstalling druk hierdie visuele tale uit deur middel van fotografie, video-installasie en skilderkuns.

Die artistieke proses sluit in bepeinsings oor en rondom landskap, die konseptuele strekking en dimensies daarvan en dit fokus in die  besonder ook op die organiese elemente waaruit die ruimte opgebou is.

Die uitstalling tree spesifiek in dialoog met die Klein Karoo-streek en verbind geografiese ruimtes (Frankryk met Suid-Afrika) deur werke wat vrae stel oor die herinneringe wat opgesluit lê in ’n landskap en die liggaam as ’n grondgebied.