Met toeters en fluitjies en ’n gesig so mooi geverf, trap Zonkie ’n fiets vol fieterjasies en bederf. Daar is skoenlappers wat fladder in die wolke bo haar kop, en ’n boomhuis vol stories wat oopmaak as sy stop! Dan vertel sy in rym terwyl goeters verskyn. Goggas en diere en plante en papiere! Liedjies en poppe en prentjies op stokke! Zonkie se vriende wil stories en geheime deel, met die hoop dat grootmense weer sal speel en verbeel, en dat kinders sal leer om die ganse natuur te aanskou – asof elke tak, web en tentakel die wêreld van môre behou!